Gautrain-bestuur het gesê passasiers wat Donderdagoggend hul vlugte, weens ‘n onderbreking in die treindiens, gemis het, sal nie vergoed word nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 1 November 2012
Pierneef-skildery verdwyn ná Aardklop
Die polisie in Noordwes ondersoek tans die verdwyning van ‘n waardevolle Pierneef-skildery uit ‘n museum in Potchefstroom.
BFN Mediclinic-bomplanter weer in die hof
Bernard Koekemoer (30), die sogenaamde Mediclinic-bomplanter, het vandag weer in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
Vakbond bereik gunstige loonooreenkoms met Mango
Die vakbond Solidariteit en die laekostelugdiens Mango het Donderdag, ná ’n geskilvergadering by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), ’n loonooreenkoms bereik.
Mans beroof ná hulle by lughawe land
Twee mans is Donderdag beroof oomblikke nadat hulle by die O.R. Tambo-lughawe geland het.
Malema-haatspraaksaak: Appèlhof bekragtig skikking
Die historiese skikking wat gister tussen die ANC, AfriForum, TLU SA en Julius Malema in die opspraakwekkende haatspraak-geding bereik is, is vanoggend ’n bevel van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein gemaak.
Ruimstestasie koes vir ruimte-afval
Die Internasionale Ruimtestasie moes Woensdagnag ‘n ontwykingsmaneuver uitvoer om ruimte-afval te ontwyk, berig die Russiese persburo, Interfax.
Vrystaatse departemente wanbestee byna R2 miljard
Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het in die eerste ses maande van die finansiële jaar R816,6 miljoen ongemagtig spandeer, al is die departement vroeër onder nasionale administrasie geplaas.
Video: Pretville in ‘n neutedop
Liefhebbers van Afrikaanse musiekrolprente, borrelgom en melkskommels kan gerus ʼn merkie in hul dagboek maak wanneer Pretville op 23 November op die silwerdoek begin draai.
Vermiste man: Geen vuilspel vermoed
Geen vuilspel word vermoed in verband met die dood van Michael Walter Clarke (28) nie.
Malema-haatspraaksaak: Skikking veel beter as bevel, sê kenner
Professor Koos Malan, ʼn regskenner aan die Universiteit van Pretoria, sê die skikking wat Woensdag tussen die partye gemaak is aangaande Julius Malema se haatspraaksaak, is veel beter as ʼn hofbevel.
Video: Sweefplankryers durf Orkaan Sandy aan
Terwyl talle Amerikaners hul vensters en deure dig gesluit het om gereed te maak vir die superstorm, het sweefplankry-atlete aanhou oefen.
Ma en seun deur vragmotor getref
ʼn Ma en haar 5-jarige seun is beseer nadat ʼn vragmotor Woensdagmiddag van agter af teen hul voertuig gebots het.
Nuuskommentaar: Malema, Zapiro, vryheid van spraak en die hof
Geen wet of hofbevel kan mense of groepe verplig om van mekaar te hou nie. Selfs ‘n waarheids- en versoeningskommissie beteken vuil vere as mense na afloop daarvan voortgaan om byltjies te slyp.
Paramedici loop ekstra myl
Erge weerstoestande het veroorsaak dat paramedici van Netcare 911 Woensdag kilometers ver deur modder moes loop om by ʼn pasiënt uit te kom.
Pa en seun soek na vliegtuig vermis raak
ʼn Soektog is onderweg na ʼn pa en seun van Midrand nadat hulle ligte vliegtuig Sondag onderweg van Uganda na die Lanseria-lughawe oor Mosambiek vermis geraak het.
Motor bots teen trein
ʼn Man is beseer nadat hy beheer verloor het oor sy motor en teen ʼn trein gebots het op die R28 tussen Krugersdorp en Randfontein.
SAL: Vlugte na New York hervat
Vlugte tussen Suid-Afrika en die oostelike dele van die VSA is hervat, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bekendgemaak.
‘ANC kan nie vertrou word’: VF+
Die ANC kan nie vertrou word om ʼn skikking te onderhou waarvolgens hulle onderneem het om hulle lede aan te moedig om nie “Skiet die boer” te sing nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.