Ses renosters is doodgemaak en drie gewond op ʼn plaas in Amalia naby Schweizer-Reneke, Noordwes.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 November 2012
Boer beroof en aangerand
Die Vrystaatse polisie is op soek na drie mans wat ʼn boer van Vredefort beroof en aangerand het op sy plaas.
Kleuter kritiek na hy in swembad val
ʼn Kleuter is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy by ʼn huis in Potchefstroom, Noordwes in ʼn swembad geval het.
Man brand erg toe vuur ontplof
Heindrich Engelbrecht (44), ʼn plaasbestuurder en professionele jagter van die Vaalwater-omgewing, het ernstige brandwonde opgedoen nadat ʼn braaivleisvuur in sy gesig ontplof het.
Modelle skik oor ras-twiets
Twee modelle wat erg gekritiseer is nadat hulle rassistiese aanmerkings op Twitter gemaak het, het ʼn skikkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) bereik.
1time-likwidasie veroorsaak chaos
Terwyl honderde passasiers op lughawens regoor die land gestrand is of inderhaas alternatiewe reisplanne moes maak is 1time nog besig om gebeurlikheidsplanne in plek te kry.
ANC: ‘DA se besoek aan Nkandla soos apartheid’
Die DA-leier Helen Zille se beplande besoek aan president Jacob Zuma se tuiste in Nkandla is soortgelyk aan die klopjagte wat deur die apartheidsregering uitgevoer is, het die ANC in die Oos-Kaap gesê.
Matriek-standaarde ondersoek
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gaan die maatstaf rakende die standaard van die matriekslaagsyfer ondersoek.
Petrolbom beseer twee
Twee mans is Vrydag beseer nadat die vragmotor waarin hulle gery het met ʼn petrolbom bestook is.