‘n Nuwe storm word teen Woensdag oor die Amerikaanse ooskus verwag, en sal na verwagting oor New York en New Jersey beweeg.
Alles vir Dinsdag 6 November 2012
30 seekoeie vrek in Krugerwildtuin
Dertig seekoeie is onlangs in die Nasionale Krugerwildtuin dood.
Nuuskommentaar: Nersa maan Eskom
Hartverskeurende verhale word gehoor van veral bejaardes wat saans van kerse gebruik maak in ‘n poging om bekostigbare elektrisiteitsrekenings te ontvang.
Foto’s: Skoolmeisie kritiek na bakkie haar raakry
ʼn 12-jarige skoolmeisie veg om haar lewe nadat sy Dinsdagoggend deur ʼn voertuig in Kingsburgh, KwaZulu-Natal, raakgery is.
Seun tydens Guy Fawkes-vuurwerkvertoning beseer
ʼn 14-jarige seun is Maandagaand tydens ʼn Guy Fawkes-vuurwerkvertoning op Bloubergstrand in die Wes-Kaap beseer.
Marikana: Wapens glo geplant, hande vasgebind
Die Farlam-kommissie van ondersoek na die Marikana-tragedie waartydens 34 mynwerkers doodgeskiet is, het gehoor dat daar wapens langs die lyke van die mynwerkers geplant is en dat van die mynwerkers se hande agter hulle rûe vasgebind was.
Tuks-prof en sy vrou geskiet
‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria is in die hoësorgeenheid in die hospitaal nadat hy en sy vrou geskiet is nadat hulle die naweek deur twee mans oorval is in hul huis in Elarduspark , Pretoria.
Polisieman vas na vangwa-ontploffing
ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met verlede maand se ontploffing van ʼn polisievangwa tydens ʼn ontsnappingspoging.