Voormalige president Thabo Mbeki is Donderdagaand in Dakar, Senegal, as “Afrikaan van die Jaar” aangewys.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 November 2012
Burger King in Suid-Afrika
Die kitskosrestaurant, Burger King, sal die deure na sy eerste restaurant in Suid-Afrika in 2013 in Kaapstad oopmaak.
De Doorns-kinders glo “te bang” om skool by te woon
Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het hul kommer uitgespreek oor die aantal leerders wat, weens die plaasarbeider-staking in De Doorns, nie skool bywoon nie.
Melinda Bam oppad na Mej. Heelal-kompetisie
Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, vertrek Vrydag na Las Vegas om aan die Mej. Heelal-kompetisie wat op 19 Desember by die Planet Hollywood Resort and Casino plaasvind, deel te neem.
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dorothea Brits, die vrou van vermoorde ds. Willem Brits wat Donderdagaand omstreeks 09:00 in hul huis in Harrismith deur rowers aangeval is, is in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die intensiewesorgeenheid van die Mediclinic Bloemfontein
SA’ner wat Londense magies vol hou benoem vir toekenning
Jana Meyer, ʼn boorling van Pretoria wat die afgelope 12 jaar in Londen woon, is onlangs genomineer vir ʼn toekenning wat jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Besigheidskamer toegeken word.
Skildery van Picasso se minnares haal $41,5 miljoen
‘n Skildery wat Picasso in 1932 van sy geliefde geskilder het, ‘Nature morte aux tulipes’ (stillewe van die tulpe) is in New York vir meer as $40 miljoen deur Sotheby’s opgeveil.
Bloemfonteinse skoolmeisie deur taxi doodgery
ʼn 10-jarige meisie is Vrydagoggend dood nadat ʼn taxi haar in Bloemfontein raakgery het.
Publiek kan nie saampraat oor Secunda-naamsverandering nie
Inwoners van die dorp Secunda in Mpumalanga is hoogs ontstoke nadat die munisipaliteit vir die tweede keer ʼn openbaredeelname-vergadering oor die dorp se beplande naamsverandering gekanselleer het.
Edgar wakker, gesels en drink Oros
Dit gaan baie beter met Edgar Julyan, die seuntjie van Potchefstroom wat Vrydagmiddag byna verdrink het.
Babatjie wat in kar gelos is, ontslaan
Die vier maande oue babadogtertjie wat in die Life Springs Parkland-kliniek opgeneem is nadat sy Woensdag vir ure in ʼn voertuig in Springs gelos is, is laat Donderdagmiddag ontslaan.
Barnard-saak beslis tussen FW en ANC
Die vriende en familie van die slagoffers, wit én swart, gee nie om wie die misdadigers vastrek wat hul geliefdes vermoor het nie. Hulle soek geregtigheid en hulle soek dit vinnig.
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval
Dominee Willem Brits van die NG Kerkenberg in Harrismith in die Oos-Vrystaat is vanoggend dood nadat hy en sy gesin gisteraand by hul huis deur rowers aangeval is.
Nuuskommentaar: President, sukkelpresident, flaterpresident en die mosie van wantroue
Die mosie van wantroue wat die gesamentlike opposisie met die uitsondering van die PAC en twee gatvliegpartytjies, die APC en die Minority Front, teen pres. Jacob Zuma ingedien het, is veel meer as net ‘n simboliese gebaar.
2-jarige verdrink byna in Richardsbaai
ʼn 2-jarige dogtertjie het Donderdagmiddag byna in ʼn swembad in Richardsbaai verdrink.
Man deur weerlig doodgeslaan
ʼn Man is Donderdag deur weerlig doodgeslaan terwyl hy onder ʼn boom skuiling gesoek het in Nigel aan die Oos-Rand.
Egpaar wreed aangeval na motor onklaar raak
ʼn Man en sy vrou is verskeie kere met ʼn mes gesteek nadat hulle by die Blackburnbrug naby Umhlanga in KwaZulu-Natal gaan staan het nadat die man se motor onklaar geraak het.