Crime Line het Maandag gesê dat hy inligting ontvang het oor die multimiljoenrandse kunsroof wat Sondag in die Pretoria Kunsmuseum plaasgevind het.
Alles vir Dinsdag 13 November 2012
Vliegtuigongeluk by OR Tambo
ʼn Passasiersvliegtuig se wiel het Dinsdagoggend by die O.R. Tambo-lughawe aan die brand geslaan net voor dit kon opstyg.
8-jarige skoolkind sterf in Boksburg
ʼn Agtjarige skoolseun is Maandag dood nadat ʼn bus hom in Elsburgweg in Boksburg getref het.
Bejaarde vrou in Kroonstad doodgery
ʼn Bejaarde vrou is Maandagaand op die N1-deurpad in Kroonstad doodgery toe sy glo dié besige pad omstreeks 20:00 wou oorsteek.
Vermeende pedofiel hoor vandag sy lot
Johannes Kleinhans (74) sal na verwagting vandag sy lot hoor in die Parow-streekhof.
Pastoriemoorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Martin Brits (28) en sy medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, wat van die moorde op ds. Willem Brits en sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen aangekla word, het mekaar glo in die tronk ontmoet.
Ma, kêrel ure na seuntjie se begrafnis in tronk
Anthony Erasmus (5) se ma Cindy-Lee Jansen (25) en haar kêrel Marko Barnard (29) is gister ure na sy begrafnis in hegtenis geneem vir moord en kindermishandeling.