Nóg ’n man is Saterdag in Muldersdrift aan die Wes-Rand doodgeskiet, sowat twee maande na die moorde op Alyssa Botha (13) en André Jordaan (50).
Lees meerAlles vir Sondag 18 November 2012
Duisende wys hul steun vir Pretoria se naam
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê tussen twintig- en dertigduisend mense het gister by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te wys.
DA hof toe oor mosie van wantroue in Zuma
Die DA het aansoek gedoen om ʼn dringende hofinterdik waarin hulle vra dat die mosie van wantroue in president Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering gedebatteer moet word.
Solidariteit begin reuseveldtog om SEB-kodes te stop
Die Solidariteit Beweging het Sondag ’n reuseveldtog van stapel gestuur om die nuwe voorgestelde bemagtigingskodes, soos bekendgemaak deur die minister van handel en nywerheid Rob Davies, te stop.
Polisie erken joernalis se arrestasie was onregmatig
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het erken dat die arrestasie van die Sunday Times joernalis Mzilikazi wa Afrika onregmatig was.
‘Geen verband op Zuma se Nkandla-tuiste’
Daar is geen verband op president Jacob Zuma se Nkandla-landgoed in KwaZulu-Natal geregistreer nie, het City Press Sondag berig.
Oud-Springbok in veldbrand beseer
Die voormalige Springbokrugbyspeler, Johan de Bruyn, is gister in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem na hy ernstige beseer is in ʼn veldbrand.
NVG misluk in poging om Sunday Times te stop
Die Sunday Times is vanoggend landwyd op winkelrakke beskikbaar nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ter elfde uur probeer het om te verhoed dat die Sondagkoerant versprei word met ʼn hoofstorie oor president Jacob Zuma.