Die OR Tambo Internasionale Lughawe het nog genoeg brandstof vir twee dae.
Lees meerAlles vir Maandag 19 November 2012
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
Martinus Cloete, die vriend van die vermoorde Conrad Bonnette, het Maandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof getuig hoe hy op Conrad se bebloede liggaam afgekom het….
Verhoging vir huishulpe
Die minimumloon vir huishulpe sal in Desember effens verhoog word.
Voormalige Bloubul ly glo aan waanbeeldversteuring, vermoor glo vier met byl
Voormalige Bloubul-rugbyspeler Phindile Joseph Ntshongwana het Maandag in die Durbanse hooggeregshof onskuldig gepleit op vier aanklagte van moord, twee van poging tot moord, ontvoering en verkragting.
Man sterf toe swerm bye hom pak
‘n Man is dood nadat ‘n swerm bye hom Maandag in Mayfair, Johannesburg, gesteek het.
Gyselaarsdrama by BFN-tronk
Twee gevangenes by die Mangaung korrektiewe sentrum buite Bloemfontein hou tans ‘n dokter gyselaar by dié hoësekuriteit-fasiliteit.
Hooggeregshof ontvang aansoek vir debat oor Zuma wantroue-mosie
Die hof sal Dinsdag ʼn dringende aansoek aanhoor om die nasionale vergadering te dwing om ‘n debat oor die Zuma-wantrouemosie te hou.
SA tronke 25% oorbevolk en oorbenut
Suid-Afrika se tronke is oorbevolk en word oormatig benut, het Sbu Ndebele, minster van korrektiewe dienste, Maandag gewaarsku.
Modimolle-monster weier om te pleit
Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, het Maandag geweier om te pleit op die aanklagte teen hom.
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Xolile Mngeni is Maandag skuldig bevind aan die moord op Anni Dewani.
Modimolle-monster: Ina sal moontlik eerste getuig
Ina Bonnette, die vervreemde vrou van die sogenaamde “Modimolle-monster”, sal na verwagting die eerste getuie in sy hofsaak wees.
Ses beskuldigdes van 13-jaaroue moord in die hof
Die ses mans wat van die 13 jaaroue moord op Betty Ketani aangekla word, het Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn.
Pastorie-moorde: Twee beskuldigdes verskyn in hof
Martin Brits en Elliot Mhlambi het Maandag in verband met die moord op ds. Willem Brits in die hof verskyn.
“Verkragter” gee homself oor aan polisie
ʼn Beweerde verkragter het homself aan die Oos-Kaapse polisie oorgegee nadat inwoners van Dutywa glo “agter hom aan was”.
Chanelle Henning-moord: Beskuldigde versoek rekenaar en uitstel
Een van die mans wat van die moord op Chanelle Henning aangekla word, het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria versoek dat sy hofsaak uitgestel moet word.
Tronkbewaarder deur gevangene aangeval
George Diedericks, ʼn bewaarder by Sevontein-gevangenis net buite Pietermaritzburg, is Sondag vyf keer deur een van die gevangenes met ʼn skerp voorwerp gesteek.
Vier sterf glo ná straatwedren
Die polisie in Kaapstad ondersoek die rol wat twee straatwedrenjaers gespeel het in die dood van vier mense op die M5 in Kaapstad.
“Reeksverkragter” weer in Pretoria aangekeer
ʼn Vermeende reeksverkragter wat uit polisie-aanhouding ontsnap het, is weer in Hammanskraal buite Pretoria in hegtenis geneem.
“Diewe” doen hulself as polisiebeamptes voor
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het en ʼn onbekende bedrag geld by ʼn maatskappy in Woodlands, KwaZulu-Natal, gesteel het.
Teazers-baas het glo twee testamente gehad, hoor hof
Shaun Russouw, die eienaar van die Teazers-stripklub in Durban, beweer dat Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, twee testamente gehad het.