Drie mense is Vrydagmiddag dood en vyf beseer in ʼn botsing waarby ses motors betrokke was op die R59 in Vaalpark naby Sasolburg.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 November 2012
Matriekleerling verdrink in KZN
ʼn Matriekleerling het Vrydagmiddag in Ballito, KwaZulu-Natal verdrink.
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
Die verdediging vir Johan Kotzé se drie medebeskuldigdes het dit vandag aan die hof voorgehou dat hulle nie vir Ina Bonnette kon verkrag het nie.
Pretville vandag landwyd te sien
Die Afrikaanse musiekrolprent Pretville het vandag landwyd by rolprentteaters begin draai.
Lenasia-slopings: Ooreenkoms bereik
Geen verdere huise in Lenasia wat onwettig gebou is sal gesloop word nie, is vandag in die Johannesburgse hooggeregshof ooreengekom.
Pleister-hoenderburgers
Hoendermaalvleis is besonder veelsydig en kan in baie verskillende disse omskep word, met hoenderburgers natuurlik boaan die lys. Die vetterigheid van streepspek gee die burger ‘n wonderlike geur.
Oom wat susterskinders verkrag gevonnis
ʼn 21-jarige man is twee lewenslange vonnisse opgelê nadat hy sy twee susterskinders verkrag het.
Eskom glo die grootste oortreder
Volgens ʼn verslag het Eskom glo meer omgewingswette oortree as enige ander staatsinstansie.
“Ons gaan die saak wen as Julius hier is”
Inwoners van Lenasia het van opgewondenheid gejubel toe Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof ingestap het.
Welkom-sakeman glo met onwettige sigarette betrap
ʼn Sakeman van Welkom is Vrydag in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van sowat R300 000.
Ses vas oor gesteelde wiele
Ses mans wat glo in ʼn sindikaat betrokke is wat motorbande en allooiwiele steel, is Vrydag in Oos-Londen aangekeer.
‘Rowers’ tart familie glo ná hulle bejaarde vermoor
Antoinette (Nettie) Botha (74) is Woensdag in haar huis in Roseden, Boksburg, aangeval en vermoor.
SAID-sperdatum Vrydag
Belastingbetalers moet hul opgawes voor Vrydag om middernag indien om ʼn boete vry te spring, het SAID gesê.
Video: Parlotones-konsert op 7de Laan
Kykers van die sepie 7de Laan word Vrydagaand met ʼn optrede deur The Parlotones vermaak.
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, se hofsaak duur Vrydag voort in die Pretoriase hooggeregshof.
Afrikaanse sangeres is ‘n dogtertjie ryker
Countrysangeres Chereé Strydom, wat as Suid-Afrika se “Country girl” bekendstaan, is ʼn dogtertjie ryker.
Brandbestrydingsvliegtuig doen noodlanding
ʼn Brandbestrydingsvliegtuig is Donderdag naby Koopmansfontein in die Noord-Kaap gedwing om te land toe dit enjinprobleme opgedoen het.
Spoedvraat jaag glo met sy pa se kar rond
ʼn 26-jarige man staar onder andere ʼn klag van poging tot moord in die gesig nadat hy Woensdag glo van metropolisiebeamptes in Floridapark, Johannesburg, weggejaag het.
Verlamde rugbyspeler wen hofsaak
Charles Oppelt (27) wat tydens ʼn rugbywedstryd beseer en verlam is, gaan nou vergoeding van die departement van gesondheid in die Wes-Kaap ontvang.
Nuuskommentaar: Om Zuma onverkiesbaar te maak
‘n Kort skande is beter as permanente skade, maar op die oomblik raak die prys vir Zuma se kop al bitter hoog.