Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se man, het haar glo laat agtervolg, het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag gehoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 29 November 2012
Grootwildjag in Botswana verbied
Botswana gaan teen 2014 grootwildjag verbied.
Modimolle-monster: Kotze se brief opgespoor
Ao Hendrik Kruger het vandag in die Pretoriase landdroshof getuig dat Ina Bonnette gesukkel het om te loop en moeg gelyk het toe hy haar die dag ná die aanval ondervra het.
Anna Atoom en die Digitale Draak
In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium
Prinses Talia en die Draak
Dit is die storie van hoe prinses Talia haar pa se koninkryk van ‘n kwaai draak red.
Sewe PTA-metropolisiebeamptes vas oor korrupsie, intimidasie
Sewe metropolisiebeamptes van Tshwane is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van intimidasie en korrupsie.
Sun City spring staking vry
ʼn Staking om die Nedbank Golftoernooi Donderdag by Sun City te ontwrig, is vermy, het Cosatu gesê.
Henning-moord: “Ek het nie gedink nie. Ek het net gedoen.”
Dit was glo nie in Willem Pieterse se aard om te moor nie, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.
M-Net vra om verskoning
Betaalkanaal M-Net het Donderdag om verskoning gevra nadat hulle glo ʼn televisieprogram met volwasse materiaal tydens ʼn “kindervriendelike tyd” uitgesaai het.
‘Boelie’-moordsaak: Borg toegestaan
ʼn Graad 11-leerder van die Oos-Rand wat glo een van sy klasmaats doodgeskiet het, is Donderdag op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Lewenslank vir verkragting
Twee mans is Woensdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn 15-jarige meisie herhaaldelik verkrag het.
Twee vas nadat hulle glo goud in hotel wou verkoop
Twee mans is in ʼn hotel in Oos-Londen in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle goud ter waarde van R650 000 aan polisiebeamptes wou verkoop.
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
ʼn Dokter wat in seksuele geweld spesialiseer het Donderdag gesê dit is nie verbasend dat Ina Bonnette bykans geen tekens van verkragting toon nie.
Ben en die walvisse
Hierdie pragtige verhaal oor hoe om verlies te verwerk sal ouers en kinders se harte aanraak.
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Die motoris wat Thomas Ferreira in 2011 omgery het, was glo meer gesteld op die skade aan sy motor as om hom te help.
Solidariteit se “Stop Rob”-veldtog suksesvol
Die departement van handel en nywerheid het Woensdag sy nuwe voorgestelde Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging-kodes (BSEB-kodes) vir maatskaplik-ekonomiese ontwikkelingsbydraes teruggetrek.
AfriForum mag maar betoog
Die burgerregtegroep AfriForum mag Saterdag ʼn optog teen plaasmoorde in Pretoria hou.
Seun verbied om langs pa se sterfbed te sit
Barnett Fine (70), wat slukdermkanker gehad het, het in ʼn sittende posisie gesterf ná daelange onuithoudbare lyding omdat ʼn hospitaal in Hazyview, Mpumalanga, nie meer morfien gehad het nie.
Sindikaat moontlik verantwoordelik vir OTM-ontploffings
Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het Woensdag gesê dit is moontlik dat persone wat vroeër vir transitorooftogte verantwoordelik was, nou OTM’e teiken.
Video: 0 – 12 jaar oud in 2 minute 45 sekondes
Een pa het ʼn unieke manier ontdek om sy dogter se groei oor die jare heen dop te hou. Frans Hofmeester, rolprentvervaardiger en fotograaf van Nederland, het ʼn tydsverloop-video van sy dogter, Lotte, gemaak.