Die hospitaal waar prins William se swanger vrou Kate behandel word, het Woensdag besonderhede oor haar toestand bekendgemaak na ʼn foonoproep van ʼn Australiese radiostasie.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Desember 2012
Fietsrykampioen uit sport verban
Die fietsrykampioen, David George, is vir twee jaar uit fietsry verban nadat hy positief getoets het vir die verbode middel eritropoïetien (EPO).
Jub Jub, Tshabalala gevonnis
Molemo “Jub Jub” Maarohanye en Themba Tshabalala is Woensdagmiddag in die Protea-landdroshof gevonnis.
Metrobeampte geskiet na rooftog
ʼn Metropolisiebeampte is Woensdagmiddag deur rowers op die N12-hoofweg geskiet en gewond.
Wildboer wéér in hof oor ‘renosterstropery’
’n Vrystaatse wildboer het vandag in Vryburg streekshof verskyn op aanklagte van renosterstropery nadat aanklagte in ander saak van renosterstropery vroeër teen hom teruggetrek is.
Solidariteit: ‘Trek BSEB-kodes in geheel terug, begin proses oor’
Die vakbond Solidariteit het vandag geëis dat die voorgestelde nuwe kodes vir breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BSEB-kodes) in geheel teruggetrek word.
Eskom dok glo R1m vir Zuma-besoek op
Eskom het glo meer as R1 miljoen spandeer vir president Jacob Zuma se besoek aan die Ingula-kragstasie in KwaZulu-Natal verlede maand.
Karate-instrukteur wat lol gevonnis
‘n Karate-afrigter van Johannesburg is tot korrektiewe toesig gevonnis nadat hy skuld erken het op 11 aanklagte van seksuele en onsedelike aanranding.
Cosatu-betoging: Dié paaie word geraak
Cosatu sal Donderdag ʼn optog hou met motors op Gautengse hoofweë in protes teen die omstrede e-tolstelsel.
Meisie (7) voor Pretoria-skool ontvoer
ʼn 7-jarige meisie is Woensdagoggend voor Laerskool Waterkloof in Pretoria deur haar biologiese pa ontvoer.
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Xolile Mngeni is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Anni Dewani.
Prokureur vas oor ‘omkopery’
‘n Prokureur is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n ondersoekende beampte omgekoop het.
Polisie onderbreek grootskaalse rooftog
‘n Vragmotor vol Toyota Quantum-enjins is Woensdagoggend in die Ikwezi-gebied in Soweto, Johannesburg, opgespoor nadat vermeende diewe deur die polisie onderbreek is.
Nóg Avastar-klagtes ontvang
Nóg voormalige werknemers en diensverskaffers van omstrede nagklub Avastar het nou na vore getree om te sê hulle het nie betaling ontvang nie en dat hulle regsaksie teen mede-eienaar Mike Basson oorweeg.
1Time-werknemers wil nuwe lisensie verhoed
Voormalige werknemers van 1Time-lugredery poog om die stigterslede van dié lugredery te verhoed om ‘n lisensie vir ‘n nuwe winskooplugredery te bekom.
Verkeersligoortreders in Kaapstad
Meer as 80 motoriste word daagliks in Kaapstad beboet omdat hulle rooi verkeersligte verontagsaam.
Ses ‘AWB-lede’ glo vrygelaat
‘n Man sal Donderdag in die landdroshof in Worcester verskyn nadat hy met ‘n ongelisensieerde vuurwapen by ‘n padblokkade betrap is.
Nasionale vervolgingshoof gepos
Menzi Simelane, nasionale direkteur van openbare vervolging (NPA), is uit sy pos verwyder.
Orania en Xhosa-gemeenskap teken ooreenkoms
Orania en die Oos-Kaapse Xhosa-gemeenskap Mnyameni onderteken volgende week ’n samewerkingsooreenkoms.
Bruid word ‘n week later uit dieselfde kerk begrawe
Chantal (née Beetge) Geldenhuys word Maandag uit dieselfde kerk begrawe as waar sy die afgelope naweek getroud is. Chantal (26) is Saterdagaand, ure ná sy…