Die departement van korrektiewe dienste wil appèl aanteken teen ʼn hooggeregshof-beslissing dat Cornelius van Wyk op 1 Januarie 2012 op dagparool vrygelaat moet word.
Lees meerAlles vir Woensdag 12 Desember 2012
Kleuter sterf na byna-verdrinking
WJ Pike, die kleuter van Bloemfontein wat verlede week byna verdrink het, is in die hospitaal oorlede.
‘Dief’ skiet polisiebeamptes
Kol. Oscar du Preez en kaptein Derrick Radebe, twee polisiebeamptes van KwaZulu-Natal, is vroeg Woensdagoggend in ʼn botsing met vermeende diewe geskiet.
Solidariteit gee meer as R200 miljoen se ‘geskenke’ in 2012
Die vakbond Solidariteit het in 2012 sy 110de bestaansjaar gevier deur meer as R205,7 miljoen in die lewens van sy lede en hul gemeenskappe terug te ploeg.
Madiba steeds in die hospitaal
Oud-president Nelson Mandela is nou vir die vyfde dag in die hospitaal.
Hierom het Suid-Afrika ‘n woedeprobleem
Agtien jaar ná die geboorte van ons “Nuwe Suid-Afrika” is groot dele van ons land bloedbevlek. Dit het ‘n siek en beseerde land geword waar groepe en organisasies hul messe uit het om mekaar leed aan te doen.
Diepsloot-inwoners neem reg in eie hande
ʼn Uitlander wat glo een van sy medelandsburgers met ʼn piksteel vermoor het, is Woensdagoggend deur Diepsloot-inwoners gevang en aangerand.
Nuwe staatsdepartement vir die “einde van die wêreld”
Die konstitusionele hof het ʼn “uiters dringende hofaansoek” ontvang dat ʼn “ondersoekende taakspan” aangestel moet word om voor te berei vir die einde van die wêreld op 21 Desember.
Nóg onderwysskokke
Sowat 43% van graad 5-leerders in Suid-Afrika het nie die basiese leesvaardigheid van die ekwivalente internasionale graad 4-vlak nie.
Hond, vark nou sekuriteitswagte
ʼn Vark en ʼn hond is nou die sekuriteitswagte by ʼn motoronderdelewinkel in Kaapstad.
Man aangerand wat glo swanger matrikulant vermoor
ʼn Man het Dinsdag in die Athlone landdroshof verskyn nadat hy glo sy swanger skoolgaande vriendin met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Nuuskommentaar: Pot ? aan die einde van die reënboog?
“Wat gebeur met die reënboog wanneer Madiba die dag nie meer daar is nie?”
SA se nuwe krieketheld verloof
Suid-Afrika se nuwe krieketheld Faf du Plessis het verloof geraak aan sy vriendin Imari Visser.
eNCA jammer oor Mandela-berig
eNews Channel Africa (eNCA) het om verskoning gevra nadat daar Maandagaand ʼn storie uitgesaai is oor oudpresident Nelson Mandela waartydens ʼn onderhoud van twee jaar gelede met sy vrou Graca Machel ingesluit is by die berig.
Bejaarde aangeval, deur plaashuis gesleep
ʼn Bejaarde vrou is Dinsdag op haar plaas in Stoffberg, Mpumalanga deur vyf mans aangeval.