ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Woensdag dood nadat hy vier keer tydens ʼn kaping geskiet is.
Alles vir Woensdag 19 Desember 2012
6-jarige deur rondloperhond aangeval
ʼn 6-jarige dogtertjie is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal nadat sy Dinsdag deur ʼn rondloperhond aangeval is.
Brits-polisie keer vier rowers aan
Vier vermeende rowers, tussen die ouderdom van 18 en 24 jaar oud, is Dinsdag deur die Brits-polisie in Noordwes, in hegtenis geneem ná ʼn besigheidsroof.
PTA-vrou deur weerlig getref
ʼn 47-jarige vrou is Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 deur weerlig in Kilnerpark, Pretoria, getref.
Nuuskommentaar: “Dis die einde!” Maja- en Zuma-opvattings
Wêreldwyd is groepe mense en individue steeds op loop met die gedagte dat 21 Desember die einde van die wêreld is…
Paaie eis amper 700 in feesseisoen
Amper 700 mense is reeds sedert die begin van Desember op die land se paaie dood.
‘Mandela in hospitaal tot dokters tevrede is’
Oudpresident Nelson Mandela sal in die hospitaal bly tot dokters tevrede is dat hy genoeg vordering gemaak het, het president Jacob Zuma gesê.
Winnie glo betrokke by twee se verdwyning
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aangekondig dat hy die verdwyning van twee mans, wat glo die laaste keer saam met oudpresident Nelson Mandela se voormalige vrou Winnie Madikizela-Mandela gesien is, ondersoek.