Die dodetal op die Suid-Afrikaanse paaie het nou 1 200 bereik.
Lees meerAlles vir Maandag 31 Desember 2012
Gesin van drie sterf by waterval
‘n Gesin van drie is dood nadat hulle 30m ver by die Rietfontein-waterval in Mpumalanga geval het.
Mans met onwettige vuurwapens betrap
Vier mans is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en gesteelde voertuie.
70-jarige vas oor moord
‘n 70-jarige man sal Maandag in die landdroshof in Zeerust verskyn op aanklag van moord.
Metrobeampte vas oor twee se moord
‘n Metropolisiebeampte van Johannesburg is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie en haar mansvriend doodgeskiet het.
Olimpiese atleet erken sy was prostituut
Suzy Favor Hamilton, voormalige Amerikaanse Olimpiese atleet, het erken dat sy die afgelope jaar as ‘n prostituut gewerk het om haar depressie te hanteer.
Man word oor massamoord ondervra
Die polisie in KwaZulu-Natal in verband met die moord op ‘n vrou en haar vyf kinders oor die naweek.
Nuuskommentaar: Nasionale reinigingseremonie en Zuma
Versugtinge, selfs uit die hoogste ANC-kringe was volop dat Zuma genoeg uit sy eerste termyn sou leer om die tweede met ‘n wag voor die mond aan te pak.
13-jarige verdrink in Krugersdorp
‘n 13-jarige dogter het Sondagaand omstreeks 22:00 in ‘n swembad in Krugersdorp verdrink.
Man in PTA geskiet
‘n Man is Maandagoggend omstreeks 06:00 in Hercules, Pretoria-Noord, geskiet.
Man beseer ná voertuig by wal afrol
‘n Man is kritiek beseer nadat sy voertuig Sondagoggend op die N14 in Gauteng omgeslaan het.
Man vas vóór hy kind kon verkrag
‘n Man van Tanzanië is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n negejarige dogter in Johannesburg wou verkrag.
Amerikaanse toeriste in ongeluk beseer
Een man is dood en vyf Amerikaanse toeriste beseer nadat twee voertuie Sondag op die N2 naby die PPC Sementfabriek in Durban, KwaZulu-Natal, gebots het.
Tieners vas oor moord
Drie tieners is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 56-jarige man.