Tony Tolbert, ‘n 51-jarige prokureur en oud Harvard-student, trek nou weer by sy ouers in sodat ‘n hawelose gesin in sy huis kan bly.
Lees meerAlles vir Donderdag 3 Januarie 2013
Man op Nuwejaarsdag glo deur skoonfamilie vermoor
‘n 46-jarige man sal na verwagting in die hof verskyn na sy swaer vermoor is.
73-jarige vrou in Limpopo verkrag
Die polisie in Limpopo is tans op soek na ‘n man wat glo ‘n 73-jarige vrou verkrag het.
Tieners in hof oor ontvoering, kaping, moord
Drie tieners en ‘n man wat van die moord op ‘n regeringsbeampte verdink word, het Donderdag in die Mankweng-landdroshof verskyn.
Twee vas oor bedrog in Nelspruit
Twee mans wat mense glo wou beroof is Woensdag in ‘n winkelsentrum in Nelspruit deur die Valke in hegtenis geneem.
Bekende bergfietsryer doodgery
Burry Stander, ‘n bekende bergfietsryer van Suid-Afrika, is Donderdagmiddag glo deur ‘n taxi doodgery.
Meisie verdrink by Wild Coast Sun
ʼn 15-jarige meisie het Donderdagmiddag by Wild Coast Sun Casino se strand verdrink. ʼn Ander meisie wat saam met haar geswem het, het amper verdrink.
Man verkrag glo 17-jarige voor ander mense
ʼn 22-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie in die publiek verkrag het.
10-jarige van brandende gebou gered
ʼn Tienjarige seun is Donderdagmiddag uit ʼn brandende gebou in Durban gered.
Video: Gunsteling nuusstorie van 2012
eNuus se kykers het Pippie Kruger se storie aangewys as hulle gunsteling-nuusberig van 2012.
AfriForum besorg oor matriekslaagsyfer, bepleit moedertaalonderrig
AfriForum het kennis geneem van die feit dat die matriekslaagsyfer van 70,2% in 2011 na 73,9% in 2012 gestyg het, maar het ernstige kommer uitgespreek oor die aantal leerders wat hulle matriekjaar suksesvol voltooi het.
Brits-tiener moontlik verlam ná skietery
Luday van der Merwe (15), wat op Oujaarsaand in Elandsrand naby Brits glo vir ʼn selfoon geskiet is, is in die stadium verlam van die bors af ondertoe.
Foto’s: 14 beseer in botsing
Altesaam 14 mense is Donderdag beseer nadat ʼn minibus met ʼn vragmotor in Roodepoort gebots het.
Pretoria-man word vermis
Donovan Marain (54) van Pretoria-Noord, word sedert Woensdag vermis. Hy is die laaste keer omstreeks 04:00 by sy huis gesien.
‘Bid vir Pippie’, vra ma
Anice Barnard Kruger, Pippie se ma, het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om vir dié klein wonderwerkie te bid.
Nuuskommentaar: Afrikaans en die Afrikaner en hóé met Afrikanerdiplomasie
Suid-Afrika vaar betreklik swak in terme van sy skooluitset, vergeleke met die hoeveelheid geld wat per kop aan elke leerder spandeer word.
Twee sterf in JHB
Twee mense is Donderdag in Johannesburg dood nadat ʼn bestuurder van ʼn taxi beheer oor die voertuig verloor het.
Toeris verdrink in Plet
ʼn Duitse toeris het in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verdrink.
Man vas na ‘vernietigingstog’
ʼn Man is in Landsdowne in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo op ʼn ‘vernietigingstog’ gegaan en in verskeie geparkeerde motors en polisiemotors vasgery het.
Duisende vas vir dronkbestuur
Duisende motoriste is sedert 1 Desember vir dronkbestuur in hegtenis geneem.