Emilio Jacobs (24) is Dinsdag deur die Pretoriase hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy Vanessa Buys (29) in Desember 2009 verkrag en vermoor het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Januarie 2013
Vyf renosters al in 2013 gestroop
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het Dinsdag gesê hulle het reeds drie renosters sedert die begin van die jaar verloor.
Propaangastenk in JHB dreig om te ontplof
‘n Propaangastenk hou tans ‘n reuse bedreiging in vir ‘n brand wat by ‘n plastiekfabriek in Brakpan aan die Oos-Rand woed.
Sandton-dood: Amerikaner was rolprentmaker
David Ellis, die Amerikaner wat Maandag dood aangetref is in sy hotelkamer in Sandton, Johannesburg, was ‘n rolprentmaker.
Sasco waarsku matrieks teen ‘kolleges’
Die SA Students’ Congress (Sasco) het matrikulante Dinsdag gewaarsku om nie by vals kolleges in te skryf nie.
Tiener tydens rooftog by winkelsentrum raakgeskiet
ʼn 16-jarige seun is beseer toe hy Dinsdag omstreeks 11:30 by die Golden Walk-winkelsentrum in Germiston, Johannesburg, raakgeskiet is.
Limpopo-polisieman skiet meisie, self
‘n Polisiekonstabel het sy meisie in Onverwacht, Limpopo, doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.
Amerikaner dood aangetref in Sandton-hotel
David Ellis, ‘n Amerikaner, is dood aangetref in ‘n badkamer in ‘n hotel in Sandton.
Uittreksel: Bygelowe en waar hul vandaan kom
Allerhande bygelowe oor beddens.
Oos-Kaapse gesin met vuurwapen aangehou, beroof
ʼn Gesin van die Oos-Kaap is Dinsdagoggend in hul huis naby Oos-Londen met ʼn geweer aangehou en beroof.
Foto: Facebook herenig susters ná 72 jaar
Twee susters van Bosnië, beide in hul 80s, is danksy Facebook ná 72 jaar weer herenig.
Britse toeris gevind
Die Britse toeris, Wilkes McDermid (38), wat sedert die dag na Kersfees in Kaapstad vermis was, is Maandagaand opgespoor.
Foto’s: MK-veteraan vermis ná hy gaan swem
Mduduzi Mdletshe, ʼn veteraanleier van Umkhonto we Sizwe (MK), word sedert Sondag vermis nadat hy in die Inanda-dam in KwaZulu-Natal gaan swem het.
Stokkies draai
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “stokkies draai” indien iemand sonder verlof wegbly.
Onluste in tronke sal nie geduld word nie, sê minister
Die minister van korrektiewe dienste het Dinsdag gesê onluste wat deur gevangenes in tronke aangehits word, sal nie geduld word nie.
Verkooptransaksie bring hoop vir Jetworx-werknemers
Die verkoop van Jetworx, voormalige bedryfsfiliaal en instandhoudingsvleuel van 1time Holdings, beteken dat die werknemers wat afgelê sou word weens die laekostelugredery 1time wat onder voorlopige likwidasie geplaas is, nou moontlik hul werk gaan behou.
Vermiste 22-jarige dood aangetref
Die liggaam van ʼn 22-jarige man van St Lucia in KwaZulu-Natal is Dinsdag gevind nadat hy Maandagmiddag vermis geraak het toe hy gaan swem het.
Vrou sterf gru-dood
Die verkoolde liggaam van ʼn vrou, wat glo verkrag en toe met buitebande aan die brand gesteek is, is Maandagmiddag opgespoor.
Nuuskommentaar: Ras, ras, alles net ras…
Minstens twee kenners het pas na pres. Jacob Zuma se omstrede “honde-uitlating” die president se denke na die Karibiese geweldsfilosoof, Franz Fanon, teruggevoer. Swart bewussyn word ten diepste hiermee verbind.
Twee vas wat glo dagga aan skoolkinders verkoop
Twee mans verskyn Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof nadat hulle Sondag vir dwelmhandel in hegtenis geneem is.