Die voorgestelde 1.5m-veiligeverbysteekgaping vir fietsryers op paaie kan glo moeilik wees om toe te pas en af te dwing.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 Januarie 2013
Vrou deur renoster aangeval
‘n Vrou is in ‘n ernstige toestand nadat sy Saterdag deur ‘n renoster by ‘n wildtuin in Roodepoort, Gauteng, aangeval is.
Habana op pad na Frankryk
Die Stormers-span het bevestig dat hul Springbok-vleuel, Bryan Habana, by die Franse klub Toulon, teen die einde van die Super 15 sal aansluit.
“Vaarwel my beste vriend en die lig van my lewe”
Areff Haffejee, wat Donderdagoggend saam met ‘n polisiebeampte in sy Audi R8 in ‘n noodlottige ongeluk was, se gesin bid vir genesing na dié traumatiese gebeurtenis.
Brand verwoes deel van Potch-skool
‘n Brand het Vrydag die boonste blok van Gimnasium Hoërskool in Potchefstroom verwoes.
Renosterkalfie 18 keer gekap
‘n Twee maandeoue renosterkoei is ten minste 18 keer met byle en pangas gekap toe sy glo te naby aan stropers gekom het wat besig was om haar ma se horing af te sny.
Polisiebegeleiding vir gholfspelers
Deelnemers aan die Volvo Kampioen-gholftoernooi sal Saterdag onder polisiebegeleiding van hul hotelle na die baan vervoer word om seker te maak dat daar nie ‘n verkneersknoop tydens die 101ste byeenkoms van die ANC in Durban veroorsaak word nie.
De Doorns-onluste: ANC wil ‘staking’ opskort
Die ANC het Vrydag ‘n beroep gedoen op beweerde plaaswerkers in die Wes-Kaap dat die sogenaamde staking opgeskort moet word.
Verregses steeds agter tralies
Vier mans wat glo beplan het om pres. Jacob Zuma te vermoor, is borgaansoek is Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof uitgestel.
Tuiniers lewenslank gevonnis
Twee tuiniers wat Ida Allen drie jaar gelede in Pretoria-Noord vermoor het, is Vrydag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Hartpasiënt sterk goed aan
Marianna Cronjé, wat die wêreld se eerste nie-sjirurgiese opehart-operasie ondergaan het om ‘n lekkende hartklep te herstel, sterk goed aan.