Prins William en sy vrou Kate Middleton se baba sal in Julie-maand gebore word.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Januarie 2013
De Doorns: Joernaliste loop deur
‘n Motor van die SABC is Maandag in De Doorns in die Wes-Kaap met klippe bestook.
Jaguar jaag deur huis se heining
Die polisie is op soek na die bestuurder van ‘n donkerblou Jaguar XF wat glo deur die heining van ‘n huis in Centurion gejaag het, en toe weggehardloop het.
Vrystaat-man in sy huis aangeval
Japie Truter (65) is Maandagmiddag in sy huis op Allanridge in die Vrystaat aangeval en minstens drie keer met ‘n mes gesteek.
Baba se ‘ontvoerders’ verskyn in hof
‘n Pakistani-paartjie wat van die ontvoering van ‘n ses maandeoue baba in Bezuidenhout Valley aangekla word, het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Video: “Groen” kunswerke vir jou tuin
André en Lilanie Valkenburg van Pretoria skep kuns vir tuine wat ook alternatiewe energiebronne is.
Vier ‘stropers’ vas
Vier vermeende renosterstropers is Sondag op ʼn wildsplaas in die Waterpoort-omgewing naby Polokwane in hegtenis geneem.
Een dood, baie blind weens Nuwejaarsvuurwerke
Een persoon in Australië is dood ná ‘n onwettige klapper tydens Nuwejaarsvieringe in Melbourne, Australië afgeskiet is.
Google met reuse boete gedreig
Die Europese kommissie en Google voer samesprekings om te voorkom dat Google ‘n boete van €4 miljard opgelê word.
Vrou takel mans tydens rooftog
ʼn Vrou van die Oos-Kaap het ʼn verdagte getakel toe hy en ʼn medepligtige verlede week haar winkel wou beroof.
‘n Bohaai opskop
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “‘n bohaai opskop”.
Kode oranje vir Beijing oor lugbesoedeling
Die Chinese owerhede het ‘n kode oranje – die tweede hoogste waarskuwingsvlak – vir Beijing uitgereik nadat lugbesoedeling in die stad krisisafmetings aangeneem het.
Hengelaars word natuurbewaarders
ʼn Groep hengelaars wat gereeld die Rietvleidam in Pretoria besoek, het besluit om aksie te neem om dié dam op te ruim en van honderde stukkies afval vislyn en bedreigde plantspesies te verlos.
Advies aan die ANC oor minderhede
Met die eerste oogopslag lyk Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, se stelling dat minderhede nie in Suid-Afrika bestaan nie, soos ‘n groot stuk toenadering na die mense wat toenemend van die party vervreemd is.
Vrou met gebreekte bierbottel gedreig, verkrag
ʼn 19-jarige vrou is oor die naweek in Limpopo met ʼn gebreekte bierbottel gedreig waarna sy verkrag is.
Vermiste sakeman: Twee met saak verbind
Twee mans van Musina is Sondag in hegtenis geneem en word verbind met ʼn saak van ‘n besigheidsman wat al vir meer as ʼn maand lank vermis word.
Bejaardes in vrieskas: Polisie maak deurbraak
Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die moordsaak op Rudolph (Koffie) en Elma van Heerden van Belfast.
Brits-tiener: Twee vas ná skietery
Twee verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die skietery op Luday van der Merwe, die 16-jarige tiener wat op Oujaarsaand glo vir ʼn selfoon geskiet is.
Nuuskommentaar: Grondonteiening – San tussen die proteas
Uit die uiteenlopendheid van die inhoud van berigte oor wat pres. Jacob Zuma die naweek oor grondhervorming gesê het, is dit duidelik hoe kompleks die kwessie is…
Man verdrink voor familie
Frans Gerber, ʼn 47-jarige inwoner van Joubertina in die Oos-Kaap, het Sondag voor sy familie verdrink toe hy in die see by Jeffreysbaai gaan swem het.