Die vermeende plaasarbeiderstaking in die Wes-Kaap is Woensdag vir ‘n week lank opgeskort.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Januarie 2013
Inspirerende boodskap op badkamerdeur geplak
‘n Inspirerende boodskap is Maandag op ‘n badkamermuur in ‘n damesbadkamer by ‘n universiteit in Amerika opgeplak.
7-jarige glo deur Kersliggies geskok by V&A Waterfront
Die sewejarige Zachery-Levi Herskovitz is op Nuwejaarsdag deur ‘n Kersfeesliggieuitstalling by die V&A Waterfront in Kaapstad geskok.
Kind se beendere buite hospitaal opgespoor
Werknemers het Woensdagoggend op die beendere van ‘n kind buite Lentegeur psigiatriese hospitaal in Mitchells Plain in die Wes-Kaap afgekom.
Polisie lê beslag op vuurwerke
Die polisie in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê hulle het beslag gelê op sowat 420 ton se onwettige vuurwerke.
Gesteelde skoolbus opgespoor
‘n Skoolbus wat in Patensie naby Hankey in die Oos-Kaap gesteel is, is Woensdag opgespoor.
Tweede kolonie van bedreigde vlinder opgespoor
Suid-Afrikaanse skoenlapper-geesdriftiges is opgewonde nadat ʼn tweede kolonie van ʼn krities bedreigde Wolkberg Zoeloe-vlinders opgespoor is.
Taxibestuurder sterf tydens ‘padwoedevoorval’
ʼn Taxibestuurder van Mangaung is Dinsdagaand tydens ʼn beweerde padwoedevoorval doodgeskiet.
Ammunisie agter in Vrystaat-erf gekry
Vier emmers vol haelgeweer-ammunisie is Woensdagoggend agter in ʼn erf van ʼn huis in Sasolburg in die Vrystaat gevind.
Parys-moord: Valke vang twee verdagtes
Die Valke het die plaasmoordsaak van die bejaarde Van Rooyen-egpaar van Parys oorgeneem en Woensdag reeds twee verdagtes in hegtenis geneem.
Huishulp plaas foto’s van haarself met gesteelde goed
ʼn Huishulp wat glo haar werkgewers besteel het, het foto’s van haarself geneem en op die selfoonkletsprogram WhatsApp geplaas, min wetend dat haar werkgewer dit kon sien.
Bottelboodskap spoel by Kaapstad uit
Toe die kaptein van ʼn duikboot in die middel van die Atlantiese Oseaan ʼn boodskap in ʼn bottel oorboord gegooi het, het hy gedink hy sal dit nooit weer sien nie.
Drie ‘stropers’ vas
Drie vermeende renosterstropers is Dinsdagmiddag deur die Limpopo-polisie in hegtenis geneem toe hulle glo op pad was om ʼn renoster te onthoring.
Centurion-vrou in huis vir selfoon doodgeskiet
Fiona Finniss (58) van Centurion is Woensdagoggend in haar huis tydens ʼn rooftog doodgeskiet.
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekend
ʼn Man wat Maandag vermoedelik deur ʼn rubberkoeël tydens die betogings in De Doorns doodgeskiet is, se naam is bekend gemaak.
“Bruide” beroof winkel
Drie mans van Welkom is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn supermark in trourokke en pruike beroof het.
Brand by Oos-Kaapse hoërskool gou onder beheer
‘n Brand wat Woensdag by ʼn hoërskool in die Oos-Kaap uitbreek het, is gou onder beheer gebring.
Op dieselfde golflengte wees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “op dieselfde golflengte as iemand te wees”.
Seuns voer robbe onwettig vir fooitjies
Jong seuns voer robbe vis uit hul monde in Houtbaai se hawe om sodoende fooitjies van toeriste te kry.
Nuuskommentaar: Skip vol gate
Die nuus dat Anglo Platinum 14 000 werkers gaan afdank om lewensvatbaarheid vir die ander 45 000 werker te verseker, is nie net ‘n hou in die wind van vakbonde wat op hoër en hoër lone aandring nie, maar vir die land wat reeds onder ‘n reuse werkloosheidsprobleem gebuk gaan.