Terwyl die regering erg taai in die bek is om plaasmoorde konsekwent as euwel te erken en te veroordeel, vind diegene wat dit wel doen dit moeilik om elke keer woorde daarvoor te vind.
Alles vir Donderdag 17 Januarie 2013
Man sterf op sportveld
ʼn 39-jarige man is dood nadat hy Woensdagaand op ‘n sportveld in Edenvale, Johannesburg, ineengestort het.
Google-donkie ‘lewendig en gesond’
Die soekenjinreus Google sê geen diere is beseer tydens die vervaardiging van Google Street View nie.
Video: Plaasaanvalslagoffers se briewe aan polisieminister
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan vandag ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners, wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, se stories aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig.
Polisieman in eie vangwa geprop
ʼn Man van Pietermaritzburg het ʼn beweerde dronk polisiebeampte “in hegtenis geneem” en agter in sy eie vangwa geprop.
Vrou aangeval, met strykyster gebrand
ʼn Verpleegster is met ʼn warm strykyster gemartel toe sy en haar kollega Woensdagaand by hulle woonstel in Daspoort, Pretoria aangeval is.