Die vakbond Solidariteit het Dinsdag in sy kwartaallikse arbeidsmarkrapport gesê dat die sogenaamde “staking” in De Doorns geen staking is nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 Januarie 2013
Mosambiek ontruim 55 000 mense
Die owerhede in Mosambiek het Dinsdag noodontruimings in die suide begin doen waar 55 000 mense glo in onmiddellike gevaar weens stygende watervlakke is.
Sasolburg: Betogers bestorm polisiestasie
Betogers in Zamdela, Sasolburg, het Dinsdag probeer om ʼn polisiestasie af te brand.
Vrou in hof vir moord op Amerikaner
ʼn Vrou wat daarvan verdink word dat sy Christopher “Norm” Bates (41), ʼn Amerikaanse konsulaatwerker, vermoor het, het Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Bejaarde skiet ‘rower’ dood
Cornelius van der Berg, ʼn 72-jarige inwoner van Nelspruit, het Dinsdagoggend ʼn vermeende rower tydens ʼn huisinbraak doodgeskiet.
De Doorns: Nosey Pieterse word aangekla
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag kriminele klagtes gelê teen Nosey Pieterse van die vakbond Bawusa. Pieterse is die sentrale figuur in die sogenaamde plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap.
De Doorns: Sommige betogers werk dalk weer môre
Nagenoeg 1 500 plaasarbeiders van die Wes-Kaap behoort vandeesweek terug te keer werk toe, aldus die Food and Allied Worker’s Union(Fawu).
Foto’s: Situasie vererger in Sasolburg
ʼn Winkel en ʼn motor is Dinsdag in Sasolburg tydens gewelddadige betogings deur Zamdela-inwoners aan die brand gesteek.
“Polisie” beroof vrou
Drie mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het Vrydag ʼn vrou van haar geld en haar selfoon in Grahamstown beroof.
Man in hof oor vrou se dood op Franschhoek-wynlandgoed
Huweliksprobleme en ʼn buite-egtelike verhouding was moontlik die motief vir die moord op Chanel du Toit van ʼn wynlandgoed in Franschhoek twee jaar gelede.
Besigheid vervals glo betaalstrokies, ID-dokumente en matrieksertifikate
Die polisie van die Oos-Kaap het ʼn klopjag op ʼn besigheid uitgevoer wat glo vervalsde regeringsbetaalstrokies, identiteitsdokumente en matrieksertifikate vervaardig.
Vrywilligers aangestel om die Wes-Kaap “terug te wen”
Die ANC in die Wes-Kaap wil glo 5 000 vrywilligers aanstel met die uitsluitlike doel om die Demokratiese Alliansie (DA) in dié provinsie te onttroon.
Van Kaapstad na Londen in 10 dae
Twee mans van Brittanje sal poog om binne 10 dae van Kaapstad na Londen te ry.
Video: De Doorns-boer en werkers se dilemma
Gerhard de Kock, ’n Wes-Kaapse boer wat met sy werkers ooreengekom het oor ‘n loonverhoging, sê vakbonde keer nou sy werkers om terug te keer plaas toe.
Drie voertuie bots na man bewussyn verloor
ʼn 52-jarige man het Dinsdagoggend in Knysna glo sy bewussyn verloor terwyl hy bestuur het en ʼn botsing van drie voertuie veroorsaak.
Voël keer dogtertjie se val
ʼn Kleuter het Sondag ʼn vier meter ver val by die Seepunt-promenade oorleef nadat ʼn dooie voël haar val gebreek het.
Man in hof vir verkragting en moord op vyfjarige
ʼn Man van Kaapstad het Maandag in die hof verskyn vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie oor die feesgety.
Verkeersowerhede gebruik huurmotors
Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) moes verlede maand voertuie huur om seker te maak dat verkeersowerhede hul werk kan doen en om sigbaarheid te vermeerder.
Man brand dood naby Ogies
ʼn Man het Maandagmiddag doodgebrand nadat die swaarvoertuig waarin hy gery het, naby Ogies in Mpumalanga aan die brand geslaan het.
Nuuskommentaar: Sasolburg en Algerië – afpersing deur geweld
In ‘n sokkermal wêreld is die oë van die wêreld op Suid-Afrika waar die Afcon-toernooi tans plaasvind. Maar as die buitelandse joernaliste saans die TV-nuus kyk is dit nie net sokker wat gesien word nie, maar tonele van oproer, geweld en plundery.