ʼn Vrou is Woensdagoggend in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op haar 3-jarige stiefdogter.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 Januarie 2013
Video: Presidensie kap FNB-advertensie
Die presidensie het Woensdag sy stem gevoeg by die koor van kritiek teen FNB se “Jy kan help-veldtog”.
Drie ‘regses’ borg geweier
Drie van die vier mans wat glo beplan het om hooggeplaastes tydens die ANC se Mangaung-konferensie uit te wis is Woensdag borgtog geweier.
Minister moet werknemers in ag neem met 1time-besluit
Die vakbond Solidariteit het Woensdag ʼn beroep op die minister van vervoer gedoen om aan 1time se nagenoeg 540 voormalige werknemers te dink wanneer daar besluit word of FastJet die lugredery mag koop.
Jetworx-transaksie goedgekeur
Die krediteure van Jetworx, voormalige bedryfsfiliaal en instandhoudingsvleuel van 1time Holdings, het ingestem om die maatskappy aan ’n filiaal van die American Industrial Acquisition Corporation te verkoop.
90-jarige sterf toe sy in ry wag
ʼn 90-jarige vrou van Noordwes is dood terwyl sy in ‘n ry gewag het om vir haar staatspension te herregistreer.
Video: Chimp Eden-sjimpansee skenk geboorte
Nina, ʼn negejarige sjimpansee van Chimp Eden, het Woensdag geskiedenis gemaak toe sy die eerste sjimpansee geword het om voor duisende mense wêreldwyd geboorte te skenk.
Moontlike rekordhoogtepunt vir petrolprys
Februarie gaan weer slegte nuus vir motoriste bring – moontlik selfs ʼn nuwe rekordhoogtepunt in die petrolprys.
Worshond-sleep: Bestuurder met dood gedreig
Die persoon wat in Rustenburg op film vasgevang is hoe hy op Nuwejaarsdag ʼn hondekarkas agter sy bakkie aangesleep het, sê hy word met die dood gedreig. Die man is nie van dieremishandeling aangekla nie weens ʼn tekort aan bewyse.
Polisiebeampte vas vir dood van KFC-rower
ʼn Polisiekaptein van die Pinetown-polisie wat verlede jaar glo ʼn rower tydens rooftog by ‘n KFC-kitskosrestaurant doodgeskiet het, is Woensdag vir moord in hegtenis geneem.
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”
Die sanger Arno Carstens het Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn nadat hy vroeër vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.
SA-vlugte nie deur staking geraak
Vlugte van die Suid-Afrikaans Lugredery (SAL) word nie deur ʼn huidige staking by dié lugredery geraak nie.
Tiener wreed vermoor
Die liggaam van ʼn 18-jarige seun wat wreed vermoor is, is in die Vrystaat opgespoor.
Nuuskommentaar: FNB en ANC se “uncool” stuipe
Die ANC is ontevrede oor ‘n FNB-advertensie waarin jong mense hul mening oor die land uitspreek oor onder meer werkloosheid, korrupsie en ander probleme.
Gedeelte in Limpopo dalk as rampgebied verklaar
Die Limpopo-regering het voorgestel dat ʼn gebied in die provinsie as ʼn rampgebied verklaar moet word nadat erge vloede daar voorgekom het.
Trein in Kaapstad afgebrand
ʼn Brand wat Dinsdagmiddag by die Woodstock-treinstasie in Kaapstad uitgebreek het, het ʼn trein erg beskadig en duisende pendelaars gestrand gelaat.
BFN-plaasaanvalslagoffers sterk aan
Pieter en Elsa Kolver, wat Saterdagoggend op hulle kleinhoewe in Bainsvlei naby Bloemfontein aangeval is, sterk steeds aan in die hospitaal.
Drie vas vir dwelms op OR Tambo
Drie mense is die afgelope paar dae by die OR Tambo Internasionale lughawe in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
Foto’s: Nog ‘n betoger sterf in Sasolburg-geweld
Nog ʼn betoger is gister tydens die geweld in Sasolburg dood nadat hy glo deur die polisie geskiet is.