‘n Groep duikers het vroeër in Januarie in Hawaii gaan duik toe ‘n benoude bottelneus-dolfyn by hulle om hulp kom aanklop het.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 Januarie 2013
FNB vra om verskoning vir veldtog
Eerste Nasionale Bank (FNB) het amptelik aan die ANC om verskoning gevra vir hul “Jy kan help”-veldtog.
Tieners se borg afgekeur
Ses tieners wat van die moord op drie kinders verdink word, se borgaansoek is Vrydag in die landdroshof in Mookgophong afgekeur.
AfriForum stuit lewering van helikopters aan Zimbabwe in hof
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het laat vanmiddag ʼn dringende tussentydse hofbevel aan AfriForum toegestaan, wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verhoed om Alouette III Lugmag-helikopters aan die Zimbabwiese weermag te lewer.
Konsultant-kostes: Moratorium op regstellendeaksie-aanstellings geëis
Die vakbond Solidariteit het vandag die regering gevra dat ’n moratorium op die toepassing van regstellende aksie geplaas word om te keer dat kundigheid vir die staatsdiens verlore gaan.
Foto’s: Bekendes skud hul vere reg vir Klein Karoo-fliek
Ligte, kamera, aksie! Of eerder drama, liefde en humor – die fliek Klein Karoo voldoen aan al dié aspekte.
E-tolstelsel: OUTA mag appelleer
Die appèlaansoek van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) is Vrydagmiddag in die Noord-Gautengse hof in Pretoria toegestaan.
Simeon Hamman spog met sy tweede musiekvideo
Die sanger, Simeon Hamman, het onlangs sy tweede Afrikaanse musiekvideo van sy nuwe album, Rooi rok vrygestel.
Hittegolf duur dalk tot Maandag
Verskeie gebiede van die land is steeds vasgevang in die derde dag van ʼn intensiewe hittegolf, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
Clanwilliam-bankbestuurder brand dood
Christo Fourie, ʼn afgetrede FNB-bankbestuurder van Clanwilliam, het doodgebrand in ʼn vuur wat al ʼn week lank in die Cederberg woed.
Viëtnam gaan self gif vir teregstellings vervaardig
Viëtnam, waar sowat 500 mense in die dodesel wag om tereggestel te word, gaan nou self die gif vir dodelike inspuitings vervaardig.
AfriForum doen dringende regstappe teen helikopters vir Zimbabwe
AfriForum sal dringende regstappe doen om te verhoed dat die aflewering Alouette III Suid-Afrikaanse Lugmag-helikopters, wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aan die Zimbabwiese weermag geskenk is, voortgaan.
Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal
Thea Brits, die dogter van die vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van diefstal.
Twee bejaardes vermoor
Twee bejaardes is in twee afsonderlike voorvalle Donderdagaand en Vrydagoggend in die Oos-Kaap vermoor.
Nog ʼn Muldersdrift-inwoner doodgeskiet
Andries Johannes Bekker (29), ʼn inwoner van Muldersdrift in Gauteng, is Donderdag tydens ʼn rooftog by sy huis doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Die rasolifant in die kleinhuisie
Om rassisme onder watter naam ook al te probeer verdoesel kom neer op: “Ek is ‘n rassis en daarom nie ‘n rassis nie.” Om te sê alle rassiste is per definisie wit, is per definisie die toppunt van rassisties wees.
Foto: Skoolbus en trok bots
ʼn Volgelaaide bus wat skoolkinders vervoer het, het Donderdagmiddag teen ʼn vragmotor in Springs gebots.
Foto: Walvis gered naby Kaapstad
Suid-Afrikaanse reddingswerkers het Donderdag ʼn nege meter lange boggelrugwalvis gered nadat dit in visvangnette noord van Kaapstad verstrengel geraak het.
Egpaar oorval verkragter
ʼn Verkragter is deur sy slagoffer en haar man oorval en aan die polisie oorhandig.
Video: Ondersoek kom ná paramedikus se arrestasie
Garth van Zyl, die paramedikus wat deur polisiebeamptes op ʼn ongelukstoneel in hegtenis geneem is, het Donderdag in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot volgende maand.