ʼn Gesteelde bakkie wat as ʼn wegkommotor gebruik is deur ʼn groep gewapende rowers na ʼn rooftog by Carnival City in Brakpan aan die Oos-Rand is deur die polisie gevind.
Lees meerAlles vir Maandag 28 Januarie 2013
Video: Boete ná hy op veld draf
ʼn Ethiopiese sokkerondersteuner is Maandag ʼn boete opgelê in die Nelspruit-landdroshof nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is toe hy op veld gehardloop het tydens ʼn Afrikabeker-toernooi (Afcon) wedstryd.
Verdagte vier jaar na moord vasgetrek
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin doodgemaak het, is amper vier jaar na die misdaad in hegtenis geneem.
Video: Nuwe beeldmateriaal van Marikana-bloedbad uitgelek
ʼn Britse-nuuskanaal het beeldmateriaal uitgesaai van die bloedbad by die Marikana-myn op 16 Augustus wat glo deur polisiebeamptes gemaak is en glo nog nie voorheen uitgesaai is nie.
Saddam-regterhand vra sy eie teregstelling moet bespoedig word
Die afgesette en reeds tereggestelde diktator van Irak, Saddam Hussein, se eertydse regterhand gaan ‘n beroep op de pous doen dat sy teregstelling bespoedig word.
Smokkelary glo verantwoordelik vir tronkgeweld
Die smokkel van ontwettige items is glo die rede vir twee bloedige voorvalle wat verlede week by die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad plaasgevind het.
“Vader” van Vryheidsmanifes sterf
Alan Lipman, die man wat ʼn instrumentele rol gespeel het tydens die opstel van die Vryheidsmanifes, is op die ouderdom van 88 jaar oorlede.
Prokureur dagvaar polisie
Martin Hood, ʼn Johannesburgse prokureur, het Maandag gesê hy gaan die polisie dagvaar nadat hy glo vir dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem is.
Sanger raak verloof
Die Afrikaanse sanger, Andries Hendrik Potgieter, het oor die naweek verloof geraak aan sy jare lange liefde, Sya van der Walt, ʼn SABC-joernalis.
Muldersdrift-misdaad eis nog ʼn lewe
Nog ʼn Muldersdrift-inwoner het Saterdag sy lewe verloor in die toenemende misdaad in die gebied.
Bekende se pa sterf ná huisroof
Die pa van die wêreldbekende fluitspeler, Wouter Kellerman, is verlede week in die hospitaal dood, ʼn week nadat hy en sy vrou in hul huis in Johannesburg aangeval is.
Maroela Media Top 20 – 28 Januarie 2013
Stoomtrein – Kurt Darren en Snotkop Om jou pinkie – Juanita du Plessis Beloofde land – Die Heuwels Fantasties Rug teen die muur – Jay…
Een dood, 16 beseer in taxi-ongeluk
ʼn Man is dood en 16 mense is beseer nadat ʼn taxi Maandagoggend op die M25-pad naby Besters, in KwaZulu-Natal, omgeslaan het.
Twee vas vir aanval op BFN-egpaar
Twee verdagtes verskyn Maandag in die hof vir die aanval op Pieter (58) en Elizabeth (55) Kovler, wat op 19 Januarie op hul kleinhoewe in Bainsvlei naby Bloemfontein aangeval is.
Kaapstadse tiener in koma ná aanranding
Jean Lambrechts (19) van Kaapstad is in ʼn koma nadat hy en sy vriende Saterdagaand op pad na ʼn nagklub aangeval is.
Nuuskommentaar: Die Nkandla-spook gaan nou éérs loop
Die regering hoop dat die vrae oor die Nkandla-saak, wat in die handel en wandel as Nkandlagate bekend geword het, nou eens en vir altyd besweer is.
Veiligheidswagte, polisiebeampte kritiek ná casino-roof
Agt mense is beseer nadat ʼn groep gewapende mans Maandagoggend die Carnival City-casino in Brakpan aan die Oos-Rand beroof het.
Brand in Brasiliaanse nagklub eis minstens 230
Minstens 230 mense is dood nadat ‘n brand by ‘n nagklub in die suide van Brasilië uitgebreek het.
Driejarige sterf in botsing
ʼn Driejarige meisie is dood en ses ander mense beseer in ʼn botsing reg van voor naby Durban, KwaZulu-Natal.
Seuntjie se lyk in emmer in toilet gevind
Die liggaam van ʼn tweejarige seuntjie is Sondag in ʼn emmer in ʼn toilet in Jouberton naby Klerksdorp, Noordwes gevind nadat hy vermoedelik deur sy ma se vriend doodgekap is.