ʼn Burgemeester van die Vrystaat ry glo tussen 450 km en 1 000km per dag volgens munisipale boekhouding en syfers.
Lees meerAlles vir Dinsdag 29 Januarie 2013
Mangaan in Pretoria se water
Hoë vlakke van mangaan is in verskeie areas in Pretoria se drinkwater waargeneem.
Video: Boeremag-lid sê hy het berou
Hy kan nie nou glo dat hy daartoe in staat was om bomme te plant of ʼn staatgreep te beplan nie en hy het berou oor die dinge wat hy gedoen het.
Video: Brande in die Wes-Kaap
Nog brandbestrydingspanne is ontbied om te help met die brande wat steeds voortwoed in die Wes-Kaapse berge.
Sanders-saak uitgestel
Die hofsaak teen die drie verdagtes wat verdink word van die moord op Corrie Sanders, die voormalige swaargewigbokskampioen, is uitgestel tot 15 Maart.
Bloem-bejaarde vermoor; vrou aangerand
Gordon Buzzard, ʼn 75-jarige inwoner van Heuwilsig in Bloemfontein, is dood en sy vrou, Annette (67), beseer nadat hulle Dinsdag in die vroeë oggendure in hul meenthuis aangeval is.
“Jammer, Dutchmen,” sê Watson
Die kaptein van die Southern Kings, Luke Watson, het tydens ʼn Sport Talk radio-onderhoud om verskoning gevra vir die neerhalende opmerking wat hy teenoor Afrikaners gemaak het, berig Beeld .
Kinders in ENB-advertensie glo “nie spontaan nie”
Die stof rondom Eerste Nasionale Bank (ENB) se “You can help”-advertensie het nog lank nie gaan lê nie, ten spyte daarvan dat dié bank Vrydag amptelik om verskoning gevra het vir hul veldtog.
Musikant sterf aan hartaanval
Die jazz-muskant, Victor Ntoni, is Maandag op 65-jarige ouderdom ʼn Johannesburgse hospitaal dood ná ʼn hartaanval.
Vlaag van plaasaanvalle in die Vrystaat ontstellend
“As organisasie, verwelkom ons premier Ace Magashule se veroordeling van plaasmoorde en aanvalle,” sê Vrystaat Landbou
Casino-roof: Drie slagoffers sterk aan
Die twee veiligheidswagte en polisiereservis van die Brakpan-polisie wat tydens Maandag se rooftog by Carnival City-casino kritiek gewond is, sterk in die hospitaal aan.
Pa skiet twee rowers, sterf ook
Shaun Lipschitz, ʼn 35-jarige inwoner van Bedfordview, is Maandagaand in sy huis doodgeskiet terwyl hy sy vrou en drie kinders teen aanvallers verdedig het. Hy het albei aanvallers noodlottig gewond voor hy dood is.
Plaasaanval: Boer en voorman geskiet
Gert van Wyk, ʼn boer van die Bapsfontein-omgewing in Gauteng, en sy plaasvoorman is Maandagoggend op hul plaas, Tweefontein, aangeval en geskiet.
Nuuskommentaar: (Vrot)pote in die spervuur
Daar is baie goeie polisielede, maar ‘n ketting is so sterk soos sy swakste skakel. En as daai swak skakel sommer die heel eerste een is, soos wanneer twee agtereenvolgende nasionale polisiekommissarisse in die stof byt, het die land ‘n probleem.
Cederberg-brande grootliks onder beheer
Brande wat in die Cederberg in die Wes-Kaap uitgebreek het, is grootliks onder beheer gebring.
Verdagtes in Kolver-aanval bly in aanhouding
Lebohang Molawa (28) en Johannes Taaibosch (31) het Maandag in die Bloemfontein-landdroshof gehoor dat hulle polisieaanhouding sal bly tot 8 Februarie, wanneer hulle formeel vir borg sal kan aansoek doen.
Tienermeisie van Pretoria vermis
Ashely van Zyl, ‘n 17-jarige meisie van Garsfontein in Pretoria, word sedert 13 Januarie vermis.
Baard-moord: “Ek hoop die waarheid kom uit”
Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn Moslem-man doodgeslaan het, se saak is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel.
Man verdrink naby Gordonsbaai
Die polisie se duikeenheid sal vandag die soektog voortsit na die liggaam van ʼn 30-jarige man wat Maandag naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap verdrink het.
Krieketkaptein gaan weer pa word
Die Proteas-krieketkaptein, Graeme Smith, en sy vrou verwag hulle tweede kind.