Louis Lategan (31) van Aberdeen het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn komplot wat glo behels het dat hooggeplaastes tydens die ANC se Mangaung-konferensie uitgewis word.
Lees meerAlles vir Donderdag 31 Januarie 2013
Mthethwa misken plaasmoordekrisis, sê AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa, daarvan beskuldig dat hy die krisisafmetings wat plaasmoorde in die land aanneem, misken en ongevoelig teenoor die slagoffers daarvan staan.
“Wonderwerk” ná seuntjie 8m ver val
ʼn Driejarige seuntjie is ongedeerd nadat hy Donderdag agt meter ver geval het by ʼn Johannesburgse-winkelsentrum.
R20 miljoen se penne van JHB-huis gesteel
ʼn Totaal van 168 penne wat met diamante versier en in goud geset is, is by ʼn huis in Inanada in Sandton, Johannesburg gesteel.
Trouklokkies lui vir Afrikaanse sanger
Andriette Norman, die sangeres wat sterstatus in die talentsangkompetisie Idols behaal het, het Woensdag verloof geraak aan Glynn Moolman.
Sangoma in sop oor troue met 13-jarige
ʼn Sangoma van Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy met ʼn 13-jarige meisie getrou het.
Liggaam van tiener in Noordwes gevind ná aandjie uit
Die liggaam van ʼn 15-jarige meisie is Woensdag in ʼn vlak graf in Noordwes gevind.
Vermiste PTA-tiener opgespoor
Ashely van Zyl, ‘n 17-jarige meisie van Garsfontein in Pretoria wat sedert 13 Januarie vermis word, is opgespoor.
57 renosters reeds vanjaar gestroop
57 renosters is reeds sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak.
Brandstofprys: Hoë styging verwag
Februarie gaan weer slegte nuus vir motoriste bring – dalk selfs ʼn nuwe rekordhoogtepunt in die petrolprys met ʼn moontlike styging van 43c.
Paartjie vermis ná wen by casino
Die families van ‘n paartjie van Schweizer Reneke, Carien Wilkens en James Viljoen, is rasend van bekommernis nadat die paartjie Maandag vermis geraak het.
Kabeldiefstal dalk die rede vir treinongeluk
Kabeldiefstal wat Donderdag in die vroeë oggendure plaasgevind het, is waarskynlik die hoofrede vir die gru-ongeluk tussen twee treine Donderdagoggend waarin honderde mense beseer is.
Lewenslank vir polisieman se moordenaars
Twee mans wat ʼn polisieman in Qwaqwa vermoor het, is deur die Harrismith rondgaande hof lewenslange tronkstraf opgelê.
60 000 minder huiswerkers as in 2003
ʼn Studie het bevind dat die aantal huiswerkers in Suid-Afrika gedurende die afgelope tien jaar afgeneem het.
“Plase verdien nie spesiale beskerming nie” – Mthethwa
Plase is nie spesiaal nie en verdien nie meer fokus van die polisie as enige ander gebied in die land nie, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.
Foto: Vyf trokke bots, vyf sterf in gru-ongeluk
Vyf mense is dood en drie beseer nadat vyf vragmotors Donderdagoggend op die N3-deurpad in KwaZulu-Natal gebots het.
SAID wil Malema laat sekwestreer
Die Suid-Afrikaans Inkomstediens (SAID) het Woensdag by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen dat die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gesekwestreer word.
Treine bots, talle beseer in Pretoria
Sowat twintig mense is ernstig beseer nadat twee treine Donderdagoggend in Pretoria gebots het.
Twee vas vir martelmoord op broer en suster van Northcliff
Twee mans is in hegtenis geneem vir die martelmoord op Gary Smith (44) en Karen Buchanan (46), ʼn broer en suster van Johannesburg. Hulle was glo vriende van die slagoffers.
Nuuskommentaar: Politici en eerbaarheid
Toe ‘n “jaar van geestelike higiëne” enkele jare gelede in Europa geloods is, is veral twee groepe as “sondaars” geteiken – politici en die media. Hierna het die wêreld-ekonomiese krisis gevolg, en die waarde van die media in die ontbloting van dinge wat skeef was, opnuut onderstreep.