ʼn Man is Woensdag doodgeskiet en ʼn tiener gewond in drie afsonderlike skietvoorvalle naby Boksburg.
Alles vir die maand Januarie 2013
Ses in hof oor tenderbedrog
Ses mense wat beskuldig word van bedrog wat verband hou met tenders van die departement van vervoer in Limpopo ter waarde van R63 miljoen het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Boeremag-lid: ‘Hulle het my siel verkrag’
Kobus Pretorius, veroordeelde lid van die Boeremag, het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria sy ouers se verklarings van onsterflike liefde, verwerp.
Gewese Somalië-gyselaar pleit armoede
Debbie Calitz, wat onlangs ná bykans twee jaar in aanhouding deur Somaliese seerowers vrygelaat is, kan nie haar regsverteenwoordiger bekostig nie, het die Hatfield-distrikshof Woensdag gehoor.
Tweede verdagte vas na BFN-moord
ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Gordon Buzzard (75) en die aanval op sy vrou Annette (67).
Motsepe gee ‘baie’ geld vir liefdadigheid
Die miljardêr-sakeman Patrice Motsepe het Woensdag aangekondig dat sy familie minstens die helfte van die geld wat hulle deur hulle bates gegenereer is aan liefdadigheid gaan skenk.
Rowers vra man of hy motor wil terugkoop
Rowers het ʼn sakeman van Umhlanga, KwaZulu-Natal aangeval, beroof en hom later die aand op sy selfoon geskakel en gevra of hy sy BMW X3 wat tydens die rooftog gesteel is wil terugkoop.
Belfast-vrieskasmoord: Saak uitgestel
Die saak teen twee mans wat aangekla word van die moord op Rudolf en Elna van Heerden is Woensdag in die Belfast-landdroshof uitgestel.
Video: Volkswagen volstaan met ‘rassistiese’ advertensie
Volkswagen in Amerika het Dinsdag aangekondig dat hy voortgaan met ʼn televisie-advertensie vir die Amerikaanse voetbal se Super Bowl ondanks die feit dat dit deur sommige mense as “rassisties” beskryf is.
DA vra ondersoek na New Age aan
Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, het vandag bekend gemaak dat sy ʼn versoek ingedien het vir ʼn geregtelike kommissie van ondersoek om die befondsing van die koerant The New Age te ondersoek.
Lonmin-bloedbad: Beampte praat oor moetie en tokkelossie
Die Farlam-kommissie het Woensdag in Rustenburg aangehoor dat moetie ‘n mens teen “gediertes soos die tokkelossie” beskerm.
Vyf vas ná klopjagte op skrootwerwe
Vyf mans is Dinsdag in Limpopo in hegtenis geneem nadat gesteelde voertuie en diesel in hul besit gevind is.
Vliegtuiginstandhouding onder loep
Die vakbond Solidariteit het Woensdag die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) gevra om lig op sy planne vir die toekomstige instandhouding van sy vliegtuie te werp ná een van dié vliegtuie glo ʼn noodlanding weens enjinprobleme moes maak.
Dogtertjie kritiek na taxi oor haar ry
ʼn Agtjarige skoolmeisie is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy deur ʼn taxi gestamp en etlike meters ver gesleep is.
Drie Vrystaat-studente gekies vir wêreldjeugorkes
Drie studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Odeion Skool vir Musiek (OSM) het gewys waartoe hulle in staat is.
Suid-Afrika tuimel op persvryheidsindeks
Suid-Afrika het met tien plekke tot die 52ste plek op Verslaggewers Sonder Grense (VSG) se jaarlikse persvryheidsindeks teruggesak.
Advokaat Barbie bly agter tralies vir eers
Cezanne Visser, bekend as “Advokaat Barbie”, was onsuksesvol met ‘n tweede poging om uit gevangenisstraf vrygelaat te word.
Plaasmoord: Voorman se naam bekend
Die plaasvoorman wat Maandag op die mielieplaas Elandsfontein naby Bapsfontein geskiet is, se naam is bekend gemaak.
Sanger se seuntjie sterf
Dirkie de Zinger (2) is Woensdag omstreeks 10:00 in die Kloof Mediclinic in Pretoria oorlede ná hy saam sy gesin Dinsdag in ʼn motorongeluk betrokke was.
Sanger beseer, gesin kritiek ná botsing
ʼn Afrikaanse sanger se vrou en 2-jarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand in twee afsonderlike hospitale in Pretoria nadat die gesin Dinsdag in ʼn botsing betrokke was.