Twee mans is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat plofstof in hul besit gevind is.
Lees meerAlles vir Maandag 4 Februarie 2013
“Minimum loon gaan groot nagevolge hê” – Agri SA
Volgens Agri SA gaan die 52% verhoging in die minimum loon vir plaaswerkers ʼn dramatiese invloed op die landbou- en verwante bedrywe hê.
Video: Pretoria-broers VSA toe met hul modes
Johan en Fritz Botha, twee broers van Pretoria wat uitblink in modeontwerp, is uit 850 inskrywings wêreldwyd gekies om saam met agt ander ontwerpers aan die Las Vegas-modeweek deel te neem
“Weg met ongekwalifiseerde amptenare” – AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag ʼn veldtog aangekondig om ongekwalifiseerde munisipale amptenare die trekpas te gee.
Vetstes in die land aangewys
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het Maandag in ʼn verslag bekend gemaak watter ras en geslag die meeste met vetrolletjies worstel.
Sanger wat bejaarde doodry se naam bekend
ʼn Dagblad het vandag die naam bekend gemaak van ʼn Suid-Afrikaanse sanger wat moontlik vir strafbare manslag ondersoek gaan word nadat sy verlede week ʼn bejaarde voetganger raakgery het.
Elfjarige ontvoer en vermoor
Die polisie van Noordwes het ʼn man in hegtenis geneem wat glo gedurende die naweek ʼn 11-jarige meisie ontvoer en vermoor het.
Plaaswerkers se minimum loon styg
Die minimum loon vir plaaswerkers sal voortaan R105 per dag wees.
Twee steeds vermis ná casino-wen
“Dit is nou ʼn week sedert my dogter vermis geraak het. Die onsekerheid maak my mal. Ek wens net ek weet waar my kind is.”
Afrikaans vaar die strate in
Jy kan een van die dae jou Afrikaanse woordeskat uitbrei terwyl jy in ʼn verkeersknoop vassit deur na die motor langs jou te kyk.
Oos-Kaapse man doodgesteek
ʼn Man van die Oos-Kaap is Sondag met ʼn skerp voorwerp doodgesteek in sy huis in Jeffreysbaai.
Man verskeie kere in die gesig geskiet
Jerome Scholtz, ʼn man van Kaapstad, is dood nadat hy oor die naweek sewe keer in die gesig geskiet is.
Video: “Dronk” Nelspruit-vrou maak twee keer amok
Mandy Doubt, ʼn vrou van Nelspruit, is twee keer op film afgeneem waar sy vermoedelik onder die invloed van alkohol in die stad gery het.
“Modimolle-monster” weer in hof
Johan Kotze, wat ook as die “Modimolle-monster” bekend staan, se verhoor het Maandag in die Noord Gautengse hooggeregshof in Pretoria hervat.
Vrou se ontbinde liggaam langs begraafplaas gevind
Die polisie ondersoek die dood van ʼn 39-jarige vrou wie se ontbinde liggaam Vrydag in ʼn veld langs ʼn begraafplaas in Botshabelo gevind is.
Sewe leerlinge geskors oor “koshuisontgroening”
Sewe leerlinge van ʼn hoërskool in die Wes-Kaap is geskors nadat ʼn leerling verlede week kritiek beseer is tydens ʼn beweerde koshuisontgroeningspeletjie.
Rekrute word glo mishandel
Bewerings dat rekrute van die Infanterieskool op Oudtshoorn aangerand word, het in ʼn brief gerig aan die die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) aan die lig gekom.
Plakker op polisiebakkie ontstel
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn plakker met die woorde “You can run but you will die tired” en ʼn prentjie van ʼn geweer op ʼn polisiebakkie gesien is.
Maroela Media Top 20 – 4 Februarie 2013
Stoomtrein – Kurt Darren en Snotkop In jou oë – Kurt Darren Beloofde land – Die Heuwels Fantasties Om jou pinkie – Juanita du Plessis…
Graankosfabriek brand af
Tonne graankos is verwoes toe ʼn brand Sondag by ʼn graankosfabriek in Kaapstad uitgebreek het.