‘n Snuffelhond van die polisie is Donderdagmiddag gebruik om twee motors, wat onwettig buite die Parlement parkeer is, te ondersoek.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Februarie 2013
Lewenslank vir “gevaarlike barbaar”
‘n Man van KwaMhlanga is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ‘n ma en haar twee kinders van Pretoria-Noord vermoor het.
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog
M-Net het sy advertensieveldtog waarin Oscar Pistorius die hoofrol gespeel het, Donderdag onttrek.
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Die land het Donderdag met die skokkende nuus wakker geword dat die Paralimpiese atleet en sportheld Oscar Pistorius, in die vroeë oggendure sy vriendin doodgeskiet het ná hy haar glo as ʼn inbreker aangesien het.
Twee weerlig-slagoffers steeds kritiek
Twee van die nege King Edward VII skoolseuns wat Dinsdag deur weerlig raakgeslaan is tydens ʼn krieketoefening by hul skool, is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.
Al die meisies hou van Divan Louw
Om Divan Louw aantreklik te noem, is soos om te sê Mount Everest is hoog of Antarktika is koud – dis waar, maar dit vertel nie naastenby die hele storie nie…
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Die polisie het pas aangekondig dat Oscar Pistorius Donderdagaand in gevangenis gaan deurbring.
Meer slegte nuus vir motoriste
Motoriste gaan Maartmaand moontlik hul hande dieper in hul sakke moet druk vir petrol en diesel.
Video: Vakbond sê basta vir belasting vir veiligheid
Die vakbond Solidariteit meen verbruikers moet vergoed word vir die duisende rand wat hulle jaarliks aan hulle veiligheid bestee.
Oscar-skietery: Staat gaan borg teenstaan
Oscar Pistorius sal na verwagting om 14:00 in die Pretoriase landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen ná ʼn skietvoorval vroeër vandag by sy huis. Die staat het egter laat weet hulle gaan sy borgaansoek teenstaan.
Kaapstad-ontploffing eis tweede lewe
Die name van twee mans wat dood en twee wat kritiek beseer is ná ‘n ontploffing Woensdagmiddag by ‘n gasaanleg in Kaapstad, is bekend gemaak.
Nuuskommentaar: Taksverligting vir selfbeveiliging
Solidariteit se veldtog om belastingkortings te beding vir mense wat self opdok om hul gesinne en hulself te beveilig staan nie in ‘n lugleegte nie…
Agter elke naam skuil daar ‘n gesindheid
Die ANC is al dikwels daarvan beskuldig dat sodra ’n plek weens swak bestuur uitmekaar begin val, word die naam daarvan verander om die aandag…
Oscar-skietery: “Oscar erg geskok” sê pa
Henke Pistorius, Oscar se pa, sê die skietvoorval op Valentynsdag by Oscar se huis, is ʼn groot skok vir almal.
Video: Helikopterongeluk op film vasgevang
ʼn Helikopter wat tydens ʼn opname van die program Top Gear Korea neerstort, is op film vasgevang.
Man vas vir verkragting, moord op 98-jarige
ʼn Man is in hegtenis geneem vir die verkragting en moord op ʼn 98-jarige vrou van Noordwes.
Valke-beampte verloor oog in aanval
Twee mans verskyn Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof nadat hulle ʼn Valke-beampte met knopkieries en ʼn mes aangeval het. Die beampte het ná die aanval sy oog verloor.
heimat-vers vir my lovely
Theunis Engelbrecht se “heimat-vers vir my lovely”. ‘n Afrikaanse gedig vir Valentynsdag!
Oscar-skietvoorval: Medelye stroom in vir meisie
Medelye stroom in op Facebook en Twitter vir Reeva Steenkamp, ʼn model en jarelange vriendin van die paralimpiese atleet, wat op Valentynsdag glo per ongeluk deur Pistorius in sy huis in Pretoria doodgeskiet is.
Oscar Pistorius skiet glo meisie
Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet, het volgens berigte vanoggend ʼn vrou in sy huis doodgeskiet nadat hy glo gedink het sy is ʼn inbreker.