Juhi Agrawal, wat jaarliks as vrywilliger by Cheetah Experience in Bloemfontein werk, het onlangs ‘n paar mannetjiesleeus gesoen.
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Februarie 2013
Oscar se verklaring
‘n Meer volledige weergawe van Oscar Pistorius se verklaring van die gebeure op 14 Februarie toe hy Reeva Steenkamp glo per ongeluk doodgeskiet het. Die verklaring is Dinsdag in die hof voorgehou.
Polisielid vas vir bedrog
‘n 47-jarige adjudant-offisier is Dinsdag in Pietermaritzburg in hegtenis geneem nadat hy glo R10 000 omkoopgeld by ‘n verdagte, wat van bedrog aangekla word, versoek het.
Skietvoorval by KZN-laerskool
‘n 13-jarige seun is in ‘n ernstige toestand nadat hy Dinsdagmiddag by Laerskool Tongaat in KwaZulu-Natal geskiet is.
Tiener in Oos-Kaap verkrag
ʼn 16-jarige tiener is Maandagaand glo in die Oos-Kaap verkrag.
Kraaie gaan gaap
Die sentrale gedeelte van die Vrystaat asook die Noord-Kaap staar volgens die Noorweegse weerdiens tot die einde van die maand baie warm en droë weer in die gesig.
Oscar se weergawe
Oscar Pistorius se weergawe van die skietvoorval by sy huis verlede week Donderdag waartydens Reeva Steenkamp by sy huis doodgeskiet is, is Dinsdag vir die eerste keer bekendgemaak.
Seuns deur boelies by ysskaatsbaan aangeval
ʼn 14-jarige seun en twee van sy maats is Saterdag by die ysskaatsbaan in die Kempton Festival-winkelsentrum glo deur boelies aangeval.
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Die twee groot borge Oakley en Nike het hulself Maandag van Oscar Pistorius distansieer nadat hy van moord op Reeva Steenkamp aangekla is.
Privaatbehandeling vir kookwater-slagoffer
Nienke Pelser, ʼn vierjarige dogtertjie van Bethlehem wat op 8 Februarie erg deur kookwater gebrand het, is uit ‘n staatshospitaal ontslaan en kry nou privaatbehandeling by haar huis.
Nasionale reinigingseremonie – Tutu weet niks
Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu se kantoor “is van geen korrespondensie” bewus wat oor ‘n beoogde nasionale reinigingseremonie handel nie.
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Hooflanddros Desmond Nair het Dinsdag beslis Reeva Steenkamp se dood is ʼn skedule 6-misdryf.
Reeva ter ruste gelê
ʼn Sombere bui het Dinsdag geheers waar die model Reeva Steenkamp se gedenkdiens in Port Elizabeth plaasgevind het.
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het in die hof begin huil toe sy prokureur Dinsdag ontken het dat die moord op sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, met voorbedagte rade gepleeg is.
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Die staat het Dinsdag tydens Oscar Pistorius se borgaansoek in die Pretoriase landdroshof gesê daar is geen moontlike inligting wat Oscar se weergawe ondersteun dat hy Reeva Steenkamp as ʼn inbreker aangesien het nie.
Man vas vir ma se moord
ʼn 37-jarige man van Kaapstad is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma in Philippi verwurg het.
Video: Huishoudster op video gevang waar sy baba rondgooi
WAARSKUWING: Die video mag sensitiewe lesers ontstel. Die video volg onderaan die berig.
Vrou wat glo man vermoor kry borg
Ronell Botma, wat van die moord op haar man aangekla word, is Maandag in die landdroshof in Middelburg op borgtog van R10 000 vrygelaat.
AfriForum eers Vrydag in hof oor Zim-helikopters
Die burgerregte-organisasie AfriForum sal nie vandag die dringende hof by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria nader oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se voorgenome lewering van Alouette III-helikopters aan die Zimbabwiese Lugmag nie.
Nuuskommentaar: Ramphele op SA se politieke dam
Die vraag op “almal” se lippe is of dr. Mamphela Ramphele met haar pasgestigte politieke platform, Agang, ‘n beduidende impak op volgende jaar se algemene verkiesing gaan uitoefen.