Oscar Pistorius verskyn vandag in die Pretoriase landdroshof om vir borgtog aansoek te doen vir die moord op sy meisie Reeva Steenkmp, wat vandag veras gaan word.
Alles vir Dinsdag 19 Februarie 2013
Premier: ‘Kastreer verkragters’
Mans wat skuldig bevind word aan die verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het die premier van Noordwes Thandi Modise gesê.
AfriForum: ‘Onderwysminister saboteer leerders se toekoms’
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, sê hy het met skok kennis geneem van die minister van basiese onderwys se besluit dat senior leerders voortaan net een keer tussen graad 10 en graad 12 mag druip en daarna outomaties deurgesit moet word.
13 beseer in geweld by Amplats
Dertien mense is beseer by Amplats se Siphumelele-skag in Rustenburg na mynwerkers en veiligheidswagte slaags geraak het.
Moord-ma: ‘Ek haat myself’
“Ek haat myself,” het Marissa Rudman, wat in Augustus verlede jaar saam met haar voormalige kêrel skuldig bevind is aan die moord op hul twee maande oue babaseun, Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.