Drie mense is beseer nadat ʼn trein Woensdagmiddag ʼn oorhoofse elektriese balk buite Kempton Park-treinstasie getref het.
Lees meerAlles vir Woensdag 20 Februarie 2013
Ses in hof vir moord op bejaarde egpaar
Ses jeugdiges het Woensdag in die Bethulie-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op Gordon (78) en Lorraine (63) Adam.
Oscar-saak: Verdediging sê polisie het toneel besmet
Oscar Pistorius se regsverteenwoordiger het die polisie Woensdag daarvan beskuldig dat hulle die toneel besmet het terwyl hul die skietdood van Reeva Steenkamp ondersoek het.
‘Ouers het baba gelos om in pyn te sterf’
Die staat het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat Marissa Rudman en haar voormalige kêrel Nolan Schoeman, wat skuldig bevind is aan die moord op hul twee maande oue baba, die maksimum straf verdien.
Testosteroon in Oscar se huis
Die Pretoriase landdroshof het Woensdag gehoor die polisie het testosteroon en spuitnaalde in Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, se huis opgespoor.
PTA-rower in kop geskiet
Waarskuwing: Die foto onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.
Vyfjarige red bababoetie van verdrinking
Elrich Visagie, ʼn vyfjarige seuntjie van Capitalpark in Pretoria, het heldestatus gekry toe hy verlede naweek sy 15 maandeoue bababoetie, Estian, se lewe gered het.
Vyf renosterstropers vas
Die Phalaborwa-polisie het Dinsdagaand vyf mans in hegtenis geneem wat glo onderweg was om renosters in die Krugerwildtuin te stroop.
Malema sy regspan kwyt
Die prokureursfirma, Brian Kahn Prokureurs, het Woensdag aangekondig dat hulle nie meer die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gaan verteenwoordig nie.
Nog ʼn Europese prins in ski-ongeluk beseer
Prins Laurent, broer van die Belgiese vors, is ernstig beseer tydens ʼn ski-ongeluk in Oostenryk, berig die koerant Trouw.
Bestuurder sterf ná val by Sandton Convention Centre
Die man wat Woensdagoggend uit die Sandton Convention Centre in Johannesburg geval het, het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Trots op SA, al is ek net 7!
Maroela Media het afgekom op hierdie video van Megan van Eyk, 7 jaar oud in 2012, wat skynbaar ʼn toespraak oefen.
Oscar: Polisie stel hul kant van ondersoek
Oscar Pistorius se borgaansoek het Woensdag, na ʼn uurlange vertraging as gevolg van tegniese redes, in die Pretoriase landdroshof hervat.
Brits-man met baksteen geslaan, geskiet
Die Brits-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Zarco Bulajic (58) by sy huis in Elandsrand helder oordag met ʼn baksteen geslaan en daarna doodgeskiet is.
Weerlig slaan 29 beeste dood
Altesaam 29 beeste is dood nadat weerlig hulle op die plaas Booyzynkraal, tussen Groblersdal en eMalahleni (Witbank) doodgeslaan het.
Man kritiek ná 6m-val by Sandton Convention Centre
ʼn 39-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagoggend 6 meter ver uit die Sandton Convention Centre geval het.
20 jaar vir huishoudster wat kind rondgooi
‘n Huishoudster van Indonesië wat op video afgeneem is terwyl sy ʼn vier maandeoue babaseuntjie rondgooi, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Vandag is die tweede dag van Oscar Pistorius se borgaansoek vir die beweerde moord op sy meisie, Reeva Steenkamp.
Nuuskommentaar: Zim se heli’s en sanksies
Vrydag is AfriForum weer in die hof om te keer dat die Suid-Afrikaanse weermag oortollige Alouette III-helikopters aan Robert Mugabe se weermag voorsien.
Segsman geskors oor Fransman-brief
Lionel Adendorf, woordvoerder van die departement van landbou, bosbou en visserye is geskors nadat hy ʼn brief aan ʼn koerant geskryf het waarin hy ʼn bekende politieke figuur gekritiseer het.