Die borgtogverhoor van Jonathan Davids, een van die verdagtes wat verdink word van die wrede verkragting en moord op Anene Booysen (17), is Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof tot Woensdag uitgestel.
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 Februarie 2013
Benoemings vir 2013 “SA-Oscars” bekend gemaak
Die benoemings vir die derde jaarlikse kykNET Fiëstas, die gesogste toekennings in die wêreld van Afrikaanse teater, is bekend gemaak.
Gewese Somalië-gyselaar se dwelmklagtes geskrap
Die hof het Vrydag die aanklagte van die besit van dwelms en dwelmhandel teen Debbie Calitz, wat onlangs ná bykans twee jaar in aanhouding deur Somaliese seerowers vrygelaat is, van die rol geskrap.
Xingwana gekap oor aanmerkings oor Afrikaners
“Sy diskrimineer op grond van ras, geloof en geslag.”
Oscar hou gedenkdiens vir Reeva
Oscar Pistorius se familie het bevestig dat Pistorius vanaand ʼn private gedenkdiens vir sy voormalige meisie, die model Reeva Steenkamp, by sy oom se huis in Waterkloof gaan hou.
Duikmeester oorleef ure in diepsee
Jean-Pierre Els (30) van Uvongo, ʼn duikmeester van African Dive Adventures, is Dinsdagmiddag lewend gevind nadat hy tydens ʼn skubaduik vermis geraak het.
Video: Dogtertjie kyk met nuwe oë na die lewe
‘n Hele nuwe wêreld het vir ‘n tweejarige dogtertjie van Pretoria oopgegaan, te danke aan ‘n oogoperasie wat haar lewe verander het.
Baard-moord: Verdagte borgtog geweier
Die Krugersdorpse streekshof het Dinsdag borgtog geweier vir Roedolf Viviers, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn Moslem-man doodgeslaan het.
Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek
Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, is uit die hospitaal nadat sy tydens die voorval in November erg beseer is.
Duikmeester vermis ná skubaduik
ʼn Duikmeester, in sy laat twintigs, word vermis nadat hy vroeër vandag gaan skubaduik het.
Man verkrag glo 68-jarige vrou
ʼn Man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 68-jarige vrou van die Oos-Kaap in haar huis verkrag het.
Donkievleis glo in SA-produkte
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Stellenbosch het onlangs bevind daar is onder andere donkie-, waterbuffel- en bokvleis in Suid-Afrikaanse vleisprodukte.
Lugballon val, negentien toeriste dood
Minstens 19 toeriste is Dinsdag dood toe die ballon waarmee hulle oor Egipte se antieke stad, Luxor, gevaar het, aan die brand geslaan en in ‘n suikerrietplantasie neergestort het.
Discovery-filmmaker sterf in vliegongeluk
John Driftmier (30), ʼn Kanadese televisiedirekteur en kameraman, is Sondag in ʼn vliegongeluk in Kenia dood terwyl hy ʼn besig was om ʼn program Dangerous Flights te verfilm.
“Rassistiese” hond byt kind
Die ma van ʼn sewejarige meisie wat deur ʼn bulterriër op die knie gebyt is, glo die hond is ʼn “rassis”.
Reeva se ouers stel regspan aan
Reeva Steenkamp, die vermoorde vriendin van Oscar Pistorius, se ouers het hul eie regspan aangestel om hul belange te beskerm.
Vrou in hegtenis na moord op wildboer
ʼn 31-jarige vrou moet Woensdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op David Alexander Barclay, ‘n wildboer van Noordwes.
Seewater uit Rooi See kan Dooie See red
Seewater uit die Rooi See kan teen 2020 na die kwynende Dooie See begin vloei, maar die projek sal terselfdertyd vir die ontsouting van seewater en die opwekking van hidro-elektrisiteit gebruik word.
Man vas ná aanval op boer
ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy en twee ander verdagtes die Muhl-egpaar verlede Vrydag glo op hul plaas in Harburg in KwaZulu-Natal aangeval het.
Nuuskommentaar: Hofpolitiek in Noordwes
Die inhegtenisneming van Noordwes se LUR plaas die soeklig weer op die praktyk binne die ANC om begunstigdes nié te skors wanneer hulle van ernstige misdade aangekla word nie.