Fauja Singh (101) het die Hong Kong-marathon voltooi en homself as die “oudste marathon-atleet” gevestig.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 Februarie 2013
Anene het aanvaller glo uitgeken
‘n Ondersoekbeampte in die verkragting- en moordsaak van Anene Booysen het getuig dat die man wat sy voor haar dood uitgeken het, as Zwaai bekendstaan.
SAPD sê Muldersdrift is “redelik stil”
Pogings van die polisie om misdaad in Muldersdrift aan die Wes-Rand hok te slaan, werp glo vrugte af.
Begrotingsrede: Minder geld vir eie misdaadbestryding
Pravin Gordhan, minister van finansies, se begrotingsrede vandag het bevestig dat Suid-Afrikaners in die volgende jaar minder geld aan hul eie veiligheid sal kan bestee en maar genoeë sal moet neem met die staat se besteding van hul swaarverdiende geld, het die vakbond Solidariteit gesê.
SA-rocklegende dalk aan hartaanval dood
Phil Wright (55), die voormalige radio-aanbieder en rocklegende wat dood in sy huis in Johannesburg aangetref is, het moontlik ‘n hartaanval gehad
Pous maak laaste publieke verskyning
Meer as 200 000 mense het vandag op die St. Petrusplein in die Vatikaan bymekaar gekom om na Pous Benedictus XVI (85) se laaste algemene toespraak te luister voor hy Donderdag finaal sy amp neerlê.
Leier moet jammer sê oor ‘ʼn goeie boer is ʼn dooie boer’-uitlating
Jason Mfusi, SASCO-leier van die Noord-Wes Universiteit (NWU) moet om verskoning vra vir sy onlangse uitlating dat ʼn “goeie boer ʼn dooie boer” is.
11-jarige vas vir moord op 6-jarige
ʼn Elfjarige seun is Dinsdag in St. Francisbaai in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn sesjarige seun.
Die groot verlange – die verhaal van Eugène Marais
Die ses CD’s in hierdie stel bevat ‘n aangrypende voorlesing deur Lochner de Kock van ‘Die Groot Verlange’, die verhaal van Eugène Marais, deur Leon Rousseau.
Skoolseun kritiek na tref-en-trap-ongeluk
ʼn Negejarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Dinsdagmiddag in Stellenbosch deur ʼn voertuig raakgery is.
Nuwe kontrak vir vliegtuiginstandhouding
Die vakbond Solidariteit het Woensdag bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) en Denel Lugvaart/AMG ʼn nuwe kontrak vir vliegtuiginstandhouding gaan sluit.
Man sterf tydens haaiaanval
Die Nieu-Seelandse polisie moes Woensdag ʼn vier meterlange witdoodshaai skiet nadat die dier ʼn man aangeval en doodgemaak het.
‘Profeet’ en vrou vas vir verkragting
ʼn Selferkende 47-jarige profeet en sy vrou is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn Gautengse vrou.
Polla en sy rugbyblog is terug
Polla Roux is terug met sy gewilde rugby-blog.
Vermiste student: Werkers vind liggaam in vlak graf
Twee mans is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vermiste student Dinsdag in ʼn vlak graf in ʼn woud in KwaZulu-Natal gevind is.
SA-rocklegende sterf
Phil Wright, ʼn voormalige radio-aanbieder en rocklegende, is Woensdag dood in sy huis aangetref.
Lochner de Kock: So uit die perd se bek
Donkie- en perdevleis is “hingse” gesond, veral ʼn jongetjie is baie “fillend”.
Die kinders van Chronos
Hoofkommissaris Pieter van In van die Brugse Polisiemag het weer ‘n raaisel om uit te pluis, ‘n grieselrige moord om op te los en ‘n donker komplot om oop te vlek.
Prediker voor sy seun doodgeskiet
Bertus Coetzee (42) is Maandag voor sy 18-jarige seun by hul huis in Vanderbijlpark deur rowers doodgeskiet.
Prinses Nina en die seeponie
Gratis ponie binne – vou die seeponie oop en haak die flappies onder sy maag in vir jou eie fantastiese avontuur.