Die nasionale energiereguleerder (Nersa) sal Donderdag hul besluit aankondig oor Eskom se voorgestelde verhoging van elektrisiteitstariewe.
Alles vir Donderdag 28 Februarie 2013
Nuuskommentaar: Lawwe Lulu se ABC-les
“Steve Hofmeyr het getwiet Lulu se uitsprake is soos donkievleis in roomys.”
Vrou in hof vir babas in vrieskas
ʼn Vrou van KwaZulu-Natal verskyn Donderdag in die hof nadat twee babas onlangs in ʼn vrieskas in haar huis gevind is.
Oscar gaan vir eers nie oefen nie
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het glo geen planne om weer te begin oefen nie.
11-jarige vermoor glo kind
ʼn 11-jarige seun het Woensdag voor ʼn landdros in Humansdorp in die Oos-Kaap verskyn nadat hy glo ʼn sesjarige seun met ʼn mes doodgesteek het.
Xingwana ‘jammer’ oor Afrikaner-uitlatings
Terwyl Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes, gister om verskoning gevra het vir haar uitlatings oor Afrikaners het die presidensie ook ʼn verklaring uitgereik oor die saak en het die Menseregtekommissie bevestig dat hy klagtes teen die minister ondersoek.