Sowat 44 kinders is beseer toe hulle Vrydagmiddag deur ʼn swerm bye aangeval is by die Hasiepark in Benoni.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Maart 2013
Vangwa-sleep: Borgaansoek duur Maandag voort
Die borgtogaansoek van die polisiebeamptes wat verdink word van die moord op ʼn Mosambiekse taxibestuurder, is Vrydag in die Benoni-landdroshof tot Maandag uitgestel.
Reeva se ouers oorweeg siviele saak teen Oscar
Reeva Steenkamp se ouers oorweeg ʼn siviele saak teen Oscar Pistorius nadat hy haar op Valentynsdag doodgeskiet het.
Gaste siek ná ete in wêreld se beste restaurant
Altesaam 63 van 78 gaste wat onlangs die wêreld se beste restaurant in Kopenhagen besoek het, het diarree opgedoen.
44 kinders deur swerm bye aangeval by Hasiepark
Sowat 44 kinders is beseer toe hulle Vrydagmiddag deur ʼn swerm bye aangeval is by die Hasiepark in Benoni.
Vrou ná rusie deur twee honde verskeur
ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat twee honde haar Vrydag in Springs, oos van Gauteng, aangeval het.
Oorlogswolke pak oor Korea saam
Noord-Korea het die staakvuur-ooreenkoms met Suid-Korea en alle nie-aanvalsverdrae met die suide opgeskort.
Vermiste dogtertjie “bedwelm” in buurman se huis gevind
ʼn 5-jarige dogtertjie van Tafelsig in Kaapstad wat sedert Woensdag vermis was, is Donderdag glo “bedwelm” in ʼn nabygeleë buurman se huis gevind.
Oudrektore onderskryf Akademia en moedertaalonderrig
Akademia, die nuwe inklusiewe Afrikaanse hoër onderwysinstelling, het vandag hul kwalifikasies aan die eerste afgestudeerde studente toegeken.
Oord beboet ná seuntjie se skok-dood
Stonehaven-on-Vaal naby Vanderbijlpark moet R200 000 opdok nadat ‘n 5-jarige seuntjie, Ruan Pieterse, verlede jaar by die oord deur ʼn springkasteelmotor doodgeskok is.
CDP bevraag president se ‘veiligheid’-stelling
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Vrydag reageer nadat president Jacob Zuma Donderdag gesê het dat Suid-Afrika nie ʼn gewelddadige land is nie.
Veiligheidswagte tydens transitorooftog gewond
Twee veiligheidswagte is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in Goodwood in die Wes-Kaap geskiet en gewond.
Saoedi-Arabië gaan man kruisig
Een van die sewe ter dood-veroordeelde mans wat aan rooftogte op juwelierswinkels in 2004 en 2005 skuldig bevind is, gaan gekruisig word. Die ander gaan voor ‘n vuurpeloton sterf.
23 beseer in twee taxi-ongelukke
Altesaam 23 mense is Vrydag in twee afsonderlike minibustaxi-ongelukke in KwaZulu-Natal beseer.
Kokkedoor
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “kokkedoor”
Drie vas vir R1.5 miljoen se perlemoen
Drie mans is Donderdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat perlemoen met ʼn geskatte straatwaarde van R1.5 miljoen in hul besit gevind is.
‘Ondersoekbeampte se bedanking sal nie Oscar-moordsaak beïnvloed’
Die polisie het Vrydag gesê die bedanking van ao. Hilton Botha, die voormalige hoofondersoekbeampte in die Oscar Pistorius-moordsaak, sal nie die saak beïnvloed nie.
Vangwa-sleep: Agt beamptes weer in hof
Die polisiebeamptes wat verdink word van die moord op ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ‘n polisievoertuig aangesleep is, verskyn vandag weer in die Benoni-landdroshof.
Nuuskommentaar: ‘Suid-Afrika nie gewelddadige land’ sê Zuma
Die president het gesê SA is nie ‘n gewelddadige land nie – dit is net sekere elemente wat die land gewelddadig maak.
900 boere vra kwytskelding van minimumloon
Nagenoeg 900 boere het by die departement van arbeid aansoek gedoen om vryskelding van die nuwe minimumloon.