Alles vir Dinsdag 12 Maart 2013

Reuse muskiete dreig Florida

Reuse muskiete dreig Florida

Inwoners van Florida in Amerika is gewaarsku dat reuse muskiete hulle die komende somer kan teister. Die reuse muskiet is omtrent 20 keer groter as ʼn normale muskiet en ʼn byt voel soos ʼn steekwond, het RT.com Maandag berig.
Die muskiete val selfs visse, wilde diere en troeteldiere aan. Volgens ʼn kenner aan die Universiteit van Florida, kom die muskiete veral voor ná gereelde reënstorms of vloede. Die gebied het verlede jaar ʼn groot inval van dié muskiete gehad. Die onlangse Tropiese storm Debby het ʼn ideale broeiplek vir dié bloedsuiers geskep om vanjaar ʼn groter plaag te kan wees.
Lees meer hier