Jorge Mario Bergoglio het Woensdagaand voor derduisende mense op die balkon in St. Petrusplein in die Vatikaan sy eerste toespraak gemaak as die nuwe pous.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 Maart 2013
Polisieman vas ná aanval op gay man
ʼn Polisiebeampte van Sasolburg is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn 34-jarige gay man aangeval het by ʼn kitskos-eetplek by ʼn vulstasie in Bloemfontein.
Solidariteit: ‘SEB is nadelig vir alle Suid-Afrikaners’
Die vakbond Solidariteit het vandag tydens ʼn voorlegging aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid aangevoer dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) nadelig is vir alle Suid-Afrikaners insluitend die oorgrote meerderheid swart mense.
Video: Toeskouers takel mekaar by rugbystryd
Die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) sê hy is bewus van die video wat tans op sosiale media die ronde doen van ʼn geveg wat Saterdag tussen toeskouers uitgebreek het tydens die wedstryd tussen die Kings en die Sharks.
AfriForum-interdik keer dat Klerksdorp môre sonder krag sit
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het laat Woensdagmiddag ‘n dringende interdik aan AfriForum toegestaan waarvolgens Eskom verbied word om die Matlosana-munisipaliteit (Klerksdorp) se krag af te sny.
Man moet Westdene-slagoffers se grafte skrop ná Facebook-uitlatings
Die man wat gesê het hy gaan ʼn “Groot Swart Braai” hou ter viering van die Westdene-busramp, sal na verwagting Woensdagmiddag die slagoffers se grafte besoek en skoonmaak.
AfriForum bring aansoek om Klerksdorp se krag te red
AfriForum gaan die hof nader om die Klerksdorp-munisipaliteit te dwing om sy verpligtinge teenoor Eskom na te kom en gelyktydig Eskom verbied om môre kragtoever na die gebied te sny.
Rowers slaan weer op PTA-juwelier toe
ʼn Vermeende rower is Woensdag tydens ʼn juwelierswinkelrooftog by nog ʼn gewilde winkelsentrum, die Grove, in die ooste van Pretoria geskiet en gewond.
Video: Dokumentêr oor Oscar se bloedige Valentynsdag
Die BBC het onlangs inderhaas ʼn dokumentêr vervaardig om die verhaal van die tragedie op Valentynsdag uit te beeld toe Oscar Pistorius sy meisie, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het.
Foto: Man ernstig beseer in JHB-botsing
ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Woensdag omstreeks 10:30 op die N12-snelweg in Bassonia, Johannesburg, in ʼn botsing betrokke was.
Hartbeespoort-munisipaliteit oor vingers getik oor krag
Die burgerregte-organisasie AfriForum se tak in Hartbeespoort het die Madibeng-munisipaliteit versoek om binne 12 ure die elektrisiteit na inwoners se huise te herstel.
Polisieman oorleef ná hark in kop
ʼn Polisiebeampte van Viëtnam sterk in die hospitaal aan nadat hy en twee kollegas aangeval is by ʼn kuierplek in Hanoi waar hulle ná werk gaan karaoke sing het.
Nuuskommentaar: Semi-staat, volbloed moeilikheid – mag daar nog baie Mandy Rossouws wees
Mandy Rossouw was, volgens ‘n huldeblyk van die Mail & Guardian, die eerste om oor Nkandla te berig.
Klerksdorp skuld Eskom R91 miljoen, dalk môre sonder krag
Eskom beplan om kragtoevoer na die Matlosana (Klerksdorp)-munisipaliteit in Noordwes te sny, mits die munisipaliteit ʼn agterstallige rekening van R91 miljoen vereffen.
Polisie op spoor van PE-ouma se moordenaar
Die polisie behoort in die volgende drie dae ʼn deurbraak te maak in die moordsaak van Suzie Willemse (84), ʼn bejaarde inwoner van Port Elizabeth wat Dinsdag dood in haar huis aangetref is.
Drie vermeende polisiemoordenaars in JHB vas
Drie mans wat daarvan verdink word dat hulle twee polisiebeamptes doodgemaak en ʼn ander beseer het, is Dinsdag in Johannesburg in hegtenis geneem.
Man in finansiële knyp weens R200 000-vingerfout
ʼn Man van Lenasia sukkel al sedert November om R200 000 van die Johannesburgse stadsraad te verhaal nadat hy dié bedrag per ongeluk elektronies aan hulle oorbetaal het.
Interessante woorde: Rondevleis
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord rondevleis
Griekwastad: ‘Bewysstukke reg hanteer’
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag gehoor dat alle forensiese bewysstukke in die Griekwastad-moordsaak reg hanteer is ondanks ʼn paar administratiewe foute.
Twee wat met Winnie verbind word se oorskot opgegrawe
Die oorskot van twee mans is Dinsdag, 25 jaar na hulle glo die laaste keer saam met oudpresident Nelson Mandela se voormalige vrou Winnie Madikizela-Mandela gesien is, opgegrawe.