Poskantoorwerkers in Gauteng wat verlede maand begin staak het, kan moontlik afgedank word.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Maart 2013
Stellenbosch-brand: Mobiele toilette weer opgespoor
Mobiele toilette wat vermis geraak het by die Kayamandi informele nedersetting in Stellenbosch ná ‘n brand weggeraak het, is weer opgespoor.
‘n Bielie van ‘n pampoen
‘n Semi-afgetrede boer van Worcester in die Wes-Kaap het ‘n Suid-Afrikaanse landbourekord opgestel deur ‘n 417.5kg pampoen te kweek.
Twee ernstig beseer toe hotelmuur omval
Twee mans is Maandag ernstig beseer toe ‘n muur by ‘n hotel in Durban op hulle omgeval het.
Video: Inwoners maak stem dik teen misdaad
Inwoners van Vanderbijlpark wil hulle omgewing terugneem uit die hande van misdadigers.
Alkohol-gebruikers se doppie dalk geklink
Volgens Motsoaledi poog die regering om die wettige ouderdom vir alkoholgebruik van 18 na 21 te verhoog.
8-jarige in Limpopo doodgery
ʼn Agtjarige meisie is dood nadat sy Sondagmiddag in Limpopo doodgery is.
R10 000 beloning vir vermiste Welkom-man
ʼn Beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat daartoe kan lei dat die 47-jarige Tony Texeira van Welkom, opgespoor kan word.
Nóg SAUK-raadslede bedank
President Jacob Zuma het nog ses bedankingsbriewe van SAUK-raadslede ontvang.
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Maandag die toneel van die Griekwastad-moorde besoek.
De Doorns-busongeluk: Ongerymdhede met lisensie
Daar is sprake van moontlike ongerymdhede met die padwaardigheidsertifikaat van die bus wat Vrydag in die Hexrivierpas gerol en 24 mense se dood veroorsaak het.
Selfportret wél Rembrandt se eie werk
‘n Skildery van die Nederlandse kunstenaar, Rembrandt van Rijn, blyk ‘n selfportret uit 1635 te wees.
Here en Boere: Die kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679-1712
Hierdie boek verskaf waardevolle kultuurhistoriese inligting oor die omstandighede gedurende die eerste halfeeu ná die stigting van die verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop. Bedoel vir alle belangstellendes in die vroeë geskiedenis van Suid-Afrika.
Dwelmslagoffer
Minstens 660 Suid-Afrikaners wat skuldig bevind is aan dwelmsmokkelary kwyn weg in buitelandse tronke.
Interessante woorde: Ginnegaap
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ginnegaap.
Steierwerk val op toeriste by V&A Waterfront
Twee toeriste van Namibië is ernstig beseer nadat steierwerk by die V&A Waterfront in Kaapstad op hulle geval het.
Sewe vas vir perlemoen
Sewe mense is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat perlemoen in hul besit gevind is.
Advokaat wag nog vir bloedtoetsuitslae na inspuit-aanval
Advokaat Jaap Cilliers sê hy wil nie spekuleer wie hom verlede Woensdag buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval en met ʼn onbekende vloeistof ingespuit het nie.
Man vas vir Ventersdorp-plaasmoord
ʼn 22-jarige man is Sondagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Johan Stighlingh (67), wat vroeër die dag op sy plaas naby Ventersdorp doodgeslaan is.
Plaasmoorde: “Verwyder plaasaanvallers uit die gemeenskap,” sê premier
Thandi Modise, premier van Noordwes, het Maandag gesê mense wat boere aanval moet permanent uit die gemeenskap verwyder word.