Die sleepvoorval van iemand deur ‘n lid van die polisie is ‘n “verleentheid”. Dis nie ‘n verleentheid nie, dis ‘n skande en klad op die land en sy polisiediens, finish en klaar.
Alles vir Maandag 18 Maart 2013
ANC-jeugliga glo ontbind
Die ANC het glo die ANC-jeugliga ontbind.
Polisieman verkoop glo wapens
ʼn Polisiebeampte van Polokwane in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo vuurwapens, wat deur lede van die publiek ingehandig is vir vernietiging en deaktivering, verkoop het.
Ma, dogter vermoor in Rustenburg
ʼn Ma en haar dogter is glo deur die dogter se voormalige kêrel vermoor in Rustenburg in Noordwes.
Metropolisielid deur winkeleienaar doodgeslaan
Die eienaar van ʼn straatwinkel is in hegtenis geneem nadat hy ʼn Ekurhuleni-metropolisielid doodgeslaan het nadat laasgenoemde die man ingelig het dat hy sy onwettige winkel moet verwyder.