Jerry Collins, voormalige All Blacks-flank, is in Japan in hegtenis geneem nadat hy onwettig ‘n kombuismes in ‘n afdelingswinkel by hom gehad het.
Lees meerAlles vir Woensdag 20 Maart 2013
Aangrypende foto: “Ons gaan dit saam doen”
‘n Fotograaf in Washington D.C. in Amerika het ‘n kosbare oomblik tydens ‘n marathon tussen twee drawwers vasgevang.
Ontvoerde diabeet dood aangetref
Die liggaam van Tony Teixeira van Welkom, wat verlede Donderdag ontvoer is, is Woensdagoggend ontdek.
Regstreekse dekking van die kykNET Fiëstas
Die kykNET Fiëstas vind op 21 Maart plaas. Kom volg al die gebeure en gesels saam op twitter met #kykNETFiestas.
Tronkstraf vir pornowinkel-‘uitstappie’
‘n Man is Dinsdag tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat hy verlede maand op heterdaad met sy broek om sy knieë betrap is nadat hy by ‘n porno-winkel in Centurion ingebreek het.
Fiëstas: SA se gunstelinge môre op een verhoog
Prysoorhandigingsgeleenthede van wêreldstandaard is sinoniem met ’n skittervertoning wat ’n mens bybly en die kykNET Fiëstas is geen uitsondering nie.
Kar ontplof toe hy sigaret aansteek
ʼn Inwoner van Kaapstad se motor het gisteroggend ontplof toe hy ʼn sigaret in die motor aangesteek het.
61 kinders en onderwysers in Kaapstad deur bye aangeval
Sowat 61 kinders, tussen die ouderdom van 5 en 10, asook drie onderwysers is Woensdagoggend deur ‘n swerm bye in Kaapstad aangeval.
Bobbejane plunder glo oor water
Bobbejane gaan glo aanhou om ‘n probleem vir inwoners van die Kaapse Skiereiland te wees tensy daar weer waterpunte vir hulle opgerig word.
Foto’s: Luislang en hiëna pak rooibok
‘n Rooibok moes verlede week twee keer die dood in die gesig staar toe ‘n luislang besig was om hom dood te druk terwyl ‘n hiëna ook sy oog op hom gehad het.
Heinrich draf uit vir Cheetahs teen Force
Die Springbok, Heinrich Brüssow is uiteindelik weer terug in die Cheetahs se begin-15-tal na sy lang afwesigheid weens ‘n besering.
“Cederberg-munisipaliteit in chaos” erken ANC
Marius Fransman, die leier van die ANC in die Wes-Kaap, het erken dat die Cederberg-munisipaliteit, wat deur die ANC bedryf word, in chaos is.
54-jarige binnekort in hof ná verkragting van baba
‘n 54-jarige man van Kaapstad se verhoor begin binnekort nadat hy glo ‘n vier maandeoue baba verkrag het.
Ventersdorp-plaasaanval: Verdagte in hof
Een van twee mans wat van die moord op Johan Stiglingh van Ventersdorp aangekla word, het Woensdag in die hof verskyn.
Mamba omseil nog sy soekers
Daar is nog steeds geen teken van die twee meterlange swartmamba wat onlangs uit aanhouding by die Pretoria-dieretuin ontsnap het nie. Die slang maak wel spore op Twitter…
Ventersdorp-plaasmoord: Kommissie genader om plaasmoorde te prioritiseer
AfriForum gaan die plaasaanval op die Stiglingh-egpaar in Noordwes met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) opneem en ʼn versoek aan dié kommissie rig om standpunt vir die prioritisering van plaasmoorde in te neem.
Verkragter op parool op heterdaad betrap
ʼn Verkragter wat op parool vrygelaat is, is Dinsdagmiddag op heterdaad betrap waar hy besig was om ʼn 15-jarige in Jabulani, Soweto, te verkrag.
Man beseer, talle beeste dood na trok omslaan
‘n Man is ernstig beseer en talle beeste is dood nadat ‘n vragmotor Woensdag in die vroeë oggendure tussen Kimberley en Bloemfontein omgeslaan het.
Durbanse mediese student sterf in China
‘n Mediese student van Durban is dood nadat hy Maandag sewe verdiepings ver van ‘n gebou in China geval het.
Uitdrukking: Jou skepe agter jou verbrand
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking “Jou skepe agter jou verbrand”.