Die Skotte gaan op 18 September 2014 referendum hou oor onafhanklikheid vir dié lidland van die Verenigde Koninkryk.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Maart 2013
Ma wat vyf babas vermoor gevonnis
‘n Hof in Duitsland het Donderdag ‘n ma van twee tot nege jaar tronkstraf gevonnis nadat sy vyf van haar babas, wie se geboortes sy geheim gehou het, vermoor het.
Twee vas oor dagga van R3.7 miljoen
Twee mans is Donderdagoggend in die Oos-Kaap aangekeer met dagga ter waarde van R3.7 miljoen.
Kimberley-universiteit maak 2014 oop
Die eerste universiteit in die Noord-Kaap sal in 2014 sy deure oopmaak, het die departement van hoër onderwys gesê.
Karabus onskuldig bevind
Die hof in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het prof. Cyril Karabus onskuldig bevind, het die departement van internasionale betrekkinge Donderdag gesê.
Tegnologie ingespan om mamba te soek
Infrarooikameras gaan gebruik word in ‘n poging om die swartmamba, wat uit aanhouding by die Pretoria Dieretuin ontsnap het, op te spoor.
Allegaartjie 2 – Program 34
In hierdie Donderdag se aflewering van Allegaartjie gesels Cilleste van der Walt met die akteur en sanger, Marno van der Merwe, oor die Proe Pretville resepteboek. Die vryskut reisskrywer, Helen Ueckermann, vertel ons meer oor gemak-staptogte en Louis Loock gesels oor sy loopbaan as solo-sanger.
Man en kleuter deur hondsdolhonde gebyt
‘n Hawelose man en ‘n kleuter van Amanzimtoti is die mees onlangse geval van mense wat deur hondsdoldiere in KwaZulu-Natal aangeval is.
Polisie-sleep: Verdagte sing en dans oor borgtog
‘n Polisiebeampte wat daarvan aangekla word dat hy ‘n man langs sy voertuig gesleep het, is deur die Mmabatho-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Man vas oor hy nie weet wat op T-hemp staan nie
‘n Taiwanese voortvlugtige wat geen kennis van Engels het nie, is in hegtenis geneem omdat polisie nuuskierig was oor die woord “Wanted” [“Gesoek”] wat op sy T-hemp gedruk is.
Nuuskommentaar: Menseregtedag – Viering of bestekopname?
“Vir die slagoffer beteken menseregte niks nie,” skryf Herman Toerien.
R14 miljoen vir Chinese Girl
Vladimir Tretchikoff se skildery, Chinese Girl, waarvan talle afdrukke al gemaak is en maklik uitgeken word, het Woensdag bykans ₤1 miljoen (sowat R14 miljoen) by ‘n veiling in Londen gehaal.
Openbare Beskermer staan SARS teë
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het suksesvol die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) se belastingheffing van ‘n vergoeding wat aan die boedel van ‘n oorlede staatsamptenaar uitbetaal is, teengestaan.
Man dood toe vrag op hom land
‘n Man is by ‘n skrootwerf in Kimberley doodgedruk toe ‘n metaalvrag van ‘n hyskraan op hom geval het.
Putco-busse aan die brand gesteek
Twee Putco-busse is Woensdagaand by Enkangala naby Bronkhorstspruit buite Pretoria deur ontstoke betogers aan die brand gesteek.