Met sy rubriek Sondag in Rapport, ANC het ‘wit gevaar’ nodig, het Tim du Plessis duidelik ‘n olie-aar onder bitter hoë druk raakgeboor
Alles vir Maandag 25 Maart 2013
Vrou jaag 214km/h met BMW
‘n Vrou van Johannesburg is oor die naweek in hegtenis geneem nadat sy teen 214km/h met ‘n BMW op die N1-snelweg gejaag het.
Vrou in Randburg doodgery
‘n Voetganger in haar 20s is Sondagaand in Randburg dood nadat sy die N14 wou oorsteek.
Vier vas vir bedrog
Vier mans is in hegtenis geneem vir bedrog nadat hulle glo meer as R2,6 miljoen van die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga gesteel het.
Taksbaas gaan ondersoek word
ʼn Afgetrede regter sal aangestel word om bewerings van onbehoorlike gedrag teen Oupa Magashula, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), te ondersoek het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag aangekondig.
SA soldate dood, gewond in geweld in SAR
Die weermag het bevestig dat Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek doodgeskiet is nadat rebelle die naweek die hoofstad Bangui oorgeneem het.