Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Woensdag berigte ontken dat SA-soldate eers deur Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR)-soldate aangeval is.
Alles vir Woensdag 27 Maart 2013
Man sê helfte van Facebook is syne
ʼn Man van New York se multi-miljard dollar hofsaak waarin hy aanvoer dat hy geregtig is op halwe eienaarskap van Facebook Inc., is Dinsdag deur ʼn federale regter van die hand gewys.
Eienaar waag lewe om diere uit brand te red
Die eienaar van ʼn troeteldierwinkel in Emalahleni (Witbank) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy in sy brandende winkel ingehardloop het om sy eksotiese diere te red.
Waar is Mamma?
Geniet die prettige, leersame aktiwiteite en trek die prentebladsye uit om te sien waar die mammadiere wegkruip.
Pa verkoop bakkie om seun se lewe te red
Herman Loots, ʼn inwoner van Middelburg in Mpumalanga, het sy bakkie verkoop om geld te probeer insamel om sy seun se lewe te red.
Shatner vies oor Star Trek-belastingvideo
William Shatner, Star Trek-akteur, het die belastingowerhede in Amerika beskuldig dat hulle duisende dollar gemors het op ʼn gekskeervideo van dié kultustelevisiereeks.
Waar is Baba?
Geniet die prettige, leersame aktiwiteite en trek die prentebladsye uit om te sien waar die babadiere wegkruip.
Interessante woorde: Ouwywepraatjies
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord “Ouwywepraatjies”.
Foto’s: Talle beseer ná taxi en voertuig bots
Sestien mense is Woensdagoggend beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn voertuig in Roodepoort gebots het.
Nuuskommentaar: Steel Brics se donderweer
Die land moet asem ophou dat daar nie nog ‘n blaps of lelike insident is wat die land om ‘n ander rede as die Brics-beraad in die internasionale kollig plaas nie.
Oscar se broer in hof
Oscar Pistorius se broer, Carl, sal na verwagting vandag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag.
Twee vas na hulle renosterhoring steel
Twee plaaswerkers is Dinsdag in Lephalale in Limpopo in hegtenis geneem toe hulle glo ʼn renosterhoring probeer verkoop het wat hulle van hulle werkgewer gesteel het.
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd
ʼn Britse man is dood tydens ʼn geveg wat na Saterdag se Super15-wedstryd buite die Absa-stadion in Durban uitgebreek het.
Gevalle soldate se liggame terug by die huis
Die 13 Suid-Afrikaanse soldate wat in ‘n skermutseling met rebelle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) gesterf het, se liggame het Dinsdagaand in Suid-Afrika aangekom.