Die polisiebeamptes wat afgeneem is terwyl hulle ʼn Mosambiekse taxibestuurder in die Oos-Rand agter ʼn polisievangwa aan gesleep het, is geskors.
Alles vir die maand Maart 2013
Vuilspel
Die roman pak die onderwerp van “korrektiewe verkragting” en is die eerste boek in Afrikaans waar bruin gay vroue sentraal staan.
Die swaard van Damokles
Taaltoffie ondersoek die verhaal agter die uitdrukking “Die swaard van Damokles”.
Man buite Kaapstadse hof geskiet
ʼn Man, slegs bekend as pastoor Martin, is Vrydag voor die Blue Downs-landdroshof geskiet.
Vliegtuiginstandhouding: Slegs ʼn handjievol kundiges behou
Die vakbond Solidariteit het vandag bekend gemaak dat slegs 139 werknemers behoue gaan bly vir die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) en Denel Lugvaart/AMG se nuwe kontrak vir vliegtuiginstandhouding.
Daar’s glo ook perd in wildsbiltong
DNA-toetse wat Vrydag bekendgemaak is dui daarop dat veral wildsbiltong in Suid-Afrika nie ooreenstem met die spesie soos aangedui nie.
Nuuskommentaar: Eskomlied – Sit dit af, sit dit af!
Suid-Afrikaners kon gister (half) verlig asem skep nadat Nersa slegs die helfte van Eskom se beplande verhogings van 16% per jaar oor die volgende vyf jaar goedgekeur het.
Diewe steel skoolbus
ʼn Oor-en-weer-skietery het Donderdag tussen diewe en polisie uitgebreek nadat ʼn skoolbus vroeër die dag van ʼn skool in Bayswater, Bloemfontein, gesteel is.
Eerste mense straks in 2018 na Mars
Die eerste mense, ‘n man en vrou, sal in 2018 na Mars en terug reis as die miljoenêr en ruimtetoeris, Dennis Tito, sy sin kry.
AfriForum: ‘Alle munisipaliteite nou aanspreeklik’
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het Donderdag in AfriForum se guns beslis dat ʼn kennisgewing in die Staatskoerant wat lae- en mediumkapasiteitmunisipaliteite van die Verbruikersbeskermingswet vrygestel het, tersyde gestel moet word.
Time: “Oscar Pistorius en Suid-Afrika se kultuur van geweld”
Oscar Pistorius verskyn op die voorblad van die Maart-uitgawe van die gesaghebbende nuustydskrif Time waarin daar berig word oor Suid-Afrika se “kultuur van geweld.”
Twee vermeende stropers vas
Twee vermeende renosterstropers is in Bela Bela (Warmbad) in Limpopo in hegtenis geneem.