Kateryna Karpovska, ‘n vrou van Kaapstad, sal na verwagting Dinsdag gevonnis word nadat sy oor haar kind se ontvoering gejok het om die losprysgeld te bekom.
Alles vir Dinsdag 2 April 2013
Foto’s: 6 dood, 8 beseer in N3-ongeluk
Ses mense is dood en agt mense beseer tydens ‘n ongeluk Maandagaand by Hammarsdale-afrit op die N3 buite Durban.
Dringende mosie om SAR-troepe te onttrek
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Maandag gesê hy gaan ‘n dringende parlementêre mosie ter tafel lê om pres. Jacob Zuma te dwing om alle Suid-Afrikaanse soldate uit die Sentraal-Afrikaanse Republiek te onttrek.
Vyf sterf in Noordwes-ongeluk
Vyf mense is dood toe ‘n vermeende dronkbestuurder hulle Maandag in Ledig Village buite Sun City in die Noordwes-provinsie getref het.
Suiwelplaas se roomys-rekordpoging
‘n Melkplaas in Iran het Maandag in Tehran ‘n vyf ton bak sjokoladeroomys onthul in die hoop om die Guinness Book of World Records te haal.