Die toeskouers het nie ‘n wegholsege verwag nie, maar Tuks het welverdiend die Varsitybeker-kroon behou toe hulle Maties in Stellenbosch met 44-5 afgeransel het.
Lees meerAlles vir Maandag 8 April 2013
Nuusvoorspelling vir 9 April
Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 8 April en wat ons Dinsdag, 9 April, in die nuus te wagte kan wees.
Rugby-moord: Verdagtes se name bekendgemaak
Vier mans wat ‘n rugby-ondersteuner glo ná ‘n wedstryd doodgeslaan het, is op Maandag op borg vrygelaat.
Slegs een tablet vir MIV
‘n Vereenvoudigde antiretrovirale medikasie is Maandag in Pretoria, bekendgestel.
Meer mense oor Paasnaweek dood
Voorlopige syfers dui aan dat ten minste 241 mense oor die Paasnaweek op die land se paaie gesterf het.
Facebook verloor miljoen gebruikers in SA
Die sosialenetwerk-webwerf Facebook het oor die afgelope ses maande sowat 1 miljoen gebruikers in Suid-Afrika verloor.
Derby-Lewis se medieseparool-aansoek afgekeur
Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool is van die hand gewys.
Rugbyblog: 75 jaar later: Bulle teenoor Cheetahs
Die Bulle is komende naweek 75 jaar oud wanneer hulle teen die Cheetahs te staan kom. Die eerste wedstryd van die toentertydse Noord-Transvaal was heel toevallig teen die Vrystaat, wat op die herdenkingsdag as die Cheetahs teen die Bulle gaan uitdraf.
Steve Biko-hospitaal ontken nalatigheid
Die Steve Biko-hospitaal het ontken dat nalatigheid bygedra het tot die dood van Phillip Pretorius, ʼn Pretoria-inwoner wat onlangs daar dood is.
Nuwe boek: Die Rebellie 1914–1915
Die boek is toeganklik geskryf en behoort onder sowel geskiedkundiges as die breë publiek belangstelling uit te lok, veral diegene wat in die rol van Suid-Afrika tydens die twee Wêreldoorloë.
Nuwe boek: Bella & Bollie en die nagsoentjie
Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.
Nuwe boek: Bella & Bollie en die verjaardagverrassing
Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.
Nuwe boek: 100 Mense wat die wêreld verander het
Mense wat die wêreld verander het is propvol ware lewensverhale. Toer deur die wêreldgeskiedenis saam met beroemdes soos Aristoteles, Marie Curie en Mark Zuckerberg en vier die mense wat hulle stempel op die wêreld afgedruk het.
Nuwe boek: Sprokies vir ’n prinsessie
Sprokies vir ’n prinsessie gaan oor prinse en prinsesse, reuse en trolle, towerspreuke en wense … Sprokies kom uit alle tye en uit alle volke. Die skrywer en illustreerder is internasionaal bekend en die vertaler is beskikbaar vir optredes.
Nuwe boek: Die onsienlike son
’n Digbundel met ’n verskil, bedoel vir die fynproewer, maar ook geskik vir religieuse meditasie en gebed.
Agent Alex – Uitgesorteer!
Alex en sy vriende is hard aan die leer vir hulle SAK-eksamen – want om die Spesiale Agente-Kursus te slaag is nie speletjies nie! Die storie is humoristies en propvol avontuur – perfek vir selflees en voorlees.
’n Kwartmiljoen Mauserpatrone
Wanneer Wynand Senekal, lid van die Suid-Afrikaanse Geheime Diens, na Suidwes gestuur word om te ondersoek waarom een boer binne ’n kort tydperk duisende Mauserpatrone aangeskaf het, sou hy nooit kon raai wat vir hom voorlê nie…
Galgmeisie
Die veertienjarige dief en inbreker Gitte Niemandsdogter word deur ’n stadswagter gearresteer, en sy word ter dood veroordeel. Sy ontsnap net-net aan die galg deur die onderbalju daarvan te oortuig dat haar pa ’n Spaanse hertog is…
Joran Noordewind
Joran Noordewind is ’n magiese verhaal van vriendskap, lojaliteit en vlymskerp verstand – wat selfs die mees siniese leser sal meesleur na ’n wonderwêreld wat bes moontlik vlak onder ons neuse bestaan.
Karretjiemense
Die roman van ʼn gesin ‘karretjiemense’ wat probeer ontsnap van ʼn wreedaard genaamd Miskiet.