Taaltoffie ondersoek die gebruik van die Afrikaanse woord “ronde” teenoor “rondte”.
Alles vir Maandag 8 April 2013
Prof. Jansen ontken Madiba-uitlating
Prof. Jonathan Jansen het Maandag ʼn berig in die media verwerp wat beweer hy het gesê hy wens oud-president Nelson Mandela wil tot sterwe kom.
Margaret Thatcher, die Ystervrou, sterf
Margaret Thatcher (88) het Maandagoggend weens ʼn beroerte gesterf.
18-jarige prostituut ontvoer, verkrag
ʼn 18-jarige prostituut beweer sy is teen haar wil ontvoer en vir twee dae lank deur ʼn paartjie in Kaapstad verkrag.
97% studente stem vir afskaffing van rasseklassifikasie
AfriForum Jeug het pas die uitslag van ‘n referendum oor rasseklassifikasie aan die Universiteit van Pretoria (UP) bekendgemaak.
Hyskraan val deur winkelsentrum se dak
ʼn Hyskraan het Maandagoggend deur die dak van ʼn winkelsentrum in Germiston geval en verskeie mense beseer.
Marikana-sangoma glo weens taxi-geweld vermoor
Die sangoma wat vermoor is voor hy by die Farlamkommissie van Ondersoek moes getuig oor die rol wat hy in die Marikana-bloedbad gespeel het, is glo weens taxi-geweld doodgeskiet.
Kaalkop die waarheid vir lang hare
Jong manne met lang hare of swierige kuiwe, of selfs net broeke wat agterlangs effens hang, is in die Gasastrook hardhandig deur Palestynse polisie in Jeeps gelaai, en te midde van spot en uitjouery poenskop geskeer.
“Ek wens Madiba wil sterf” sê prof. Jansen
Prof. Jonathan Jansen, die visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het glo oor die naweek gesê hy wens oud-president Nelson Mandela wil tot sterwe kom.
Nuuskommentaar: Hulle stink so lekker, want hulle drink so lekker, en die loslaat van die rasding
Wangedrag deur toeskouers by sportgeleenthede kom nie van gister af nie…
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Vier van die vyf mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn Engelandse rugbyondersteuner doodgeslaan het, gaan na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.
Vakbond en die DKD binnekort in hof oor omstrede regstelplan
Die hofuitspraak sal nie net implikasies vir die DKD inhou nie, maar vir alle regstellendeaksieplanne regdeur die staatsdiens.
92-jarige vrou van Noordwes verkrag
Die Noordwes-polisie is op soek na ʼn verdagte wat ʼn 92-jarige vrou glo herhaaldelik verkrag het.
Vier sterf in N3-botsing
Vier mense is dood en een ernstig beseer ná ʼn kettingbotsing op die N3-snelweg naby Alberton Sondagaand.
Mens-arm in winkel se vrieskas gebêre
Drie mense verskyn Maandag in ʼn hof in Limpopo nadat hulle glo ʼn Pakistanse vrou vermoor en van haar liggaamsdele in ʼn winkel se vrieskas gebêre het.
Man met gebreekte bierbottel doodgesteek
Eric Brand, ʼn 37-man van Leratopark in Roodepan, is oor die naweek met ʼn gebreekte bierbottel doodgesteek.
Minister glo betrokke in baba-drama
ʼn Ma van Mthatha in die Oos-Kaap beweer sy het haar 2-jarige dogtertjie nog nie weer gesien sedert sy deur Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede en haar broerskind weggeneem is nie.
Vrou glo in begraafplaas verkrag
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vrou in ʼn begraafplaas in Noordwes verkrag het.
Derby-Lewis mediese parool geweier
ʼn Aansoek om mediese parool vir Clive Derby-Lewis (77), wat lewenslange tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, is geweier.