Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 10 April en wat ons Donderdag, 11 April, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Woensdag 10 April 2013
Onmin oor Mandela-miljoene
Mandela se dogters, Makaziwe Mandela en Zenani Dlamini, poog om die aanstelling van adv. George Bizos, kabinetminister Tokyo Sexwale en prokureur Bally Chuene van die maatskappye wat Mandela se handafdrukke bestuur, ongeldig te verklaar.
Groot tekort aan onderwysers in Oos-Kaap
Oos-Kaapse skole het met ‘n groot tekort aan onderwysers met die tweede termyn van dié skooljaar begin.
Nuwe SAUK-raad aangestel
Vyf tussentydse raadslede vir die SAUK is Woensdag deur dié organisasie verwelkom.
Skooldogters gedwing om sout te eet
Vier skooldogters is met vuurwapens gedreig om tydens ‘n huisroof in Elliotdale in die Oos-Kaap sout te eet.
Ses atletiek-direksielede geskors
Ses direksielede is van die raad vir Atletiek Suid-Afrika (ASA) geskors.
Foto: Só lyk Barbie sonder grimering
ʼn Kunstenaar het onlangs die toonbeeld van skoonheid, Barbie, van haar grimering ontneem om te wys hoe die alombekende blonde prikkelpop in die normale lewe sou lyk.
Barmhartige samaritaan gee verlore geld terug
ʼn Man van Tennessee in Amerika het ʼn groot som geld, wat hy in ʼn asblik opgepoor het, aan die eienaar terugbesorg.
Zuma kap Manuel oor apartheid-uitlating
“Apartheid se wortels is te diep gegrond en strek te ver terug”
Staan opsy, hier kom Sarel Fourie
Sarel Fourie het vir homself begin naam maak ná die fliek Fanie Fourie’s Lobola. Ons wou bietjie meer uitvind van die man agter die treffer Dinky.
Riversdal: Naam bekend van man wat verkool
Die polisie het Dinsdag die slagoffer se naam bekendgemaak wat onlangs in sy voertuig naby Riversdal verkool het.
Betogers maak stem dik in Sasolburg
Honderde ontstoke inwoners van Zamdela, buite Sasolburg in die Vrystaat, het Woensdag na die munisipale gebou gestap om aan te dring dat die burgemeester uit sy amp verwyder word.
China stel meer mense tereg as res van wêreld saam
Misdade waarvoor mense tereggestel word sluit in moord, dwelmhandel, dronkenskap tot homoseksualiteit.
DStv lol glo nie met Afrikaanse kykers
kykNET-kykers wat van DStv se spesiale pakkette gebruik maak, was warm onder die kraag toe dit wou voorkom of die gewilde Afrikaanse kanaal nou net op DStv se hoëpremie-pakket beskikbaar gaan wees.
Gedig: Ek sing van die wind wat te keer gaan
C. Louis Leipoldt se bekende gedig, “Ek sing van die wind wat te keer gaan”
Jeffreysbaai ly verlies ná kompetisie gekanselleer word
Jeffreysbaai in die Oos-Kaap gaan sowat R20 miljoen aan toerisme-inkomste verloor weens die jaarlikse brandplankry-kompetisie wat dié jaar nie gaan plaasvind nie.
Pasgebore baba doodgeskop
ʼn Pasgebore baba is glo in die Oos-Kaap doodgeskop.
Bejaarde moet glo sing voor sy pensioengeld kry
Ria van Straaten, ‘n 87-jarige verswakte bejaarde van Newcastle, is onlangs glo deur maatskaplike werkers aangesê om oor ʼn interkomstelsel te sing alvorens sy haar R1 200 staatspensioengeld kon ontvang.
Nuwe boek: Die gewildste Afrikaanse gedigte
Saam gestel deur Leserskring Leserskring het in samewerking met By en RSG hul lede, lesers en luisteraars gevra om vir hul gunsteling gedigte in Afrikaans…
‘n Joernalistieke prys vir Koos Bekker?
Prof. Johannes Froneman van die PUK bevraagteken hoekom Koos Bekker as ‘n sakeman met ‘n joernalistieke prys bekroon moet word.