Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 11 April en wat ons Vrydag, 12 April, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 April 2013
Dali Mpofu op strand aangeval
Dali Mpofu, prokureur en voormalige uitvoerende hoof van die SAUK, is Donderdag op ‘n strand in Oos-Londen aangeval en met ‘n skerp voorwerp gesteek.
Paul McCartney steeds die rykste musikant
Paul McCartney is steeds Engeland se rykste musikant volgens die Sunday Times se lys van rykstes.
Tolhekke glo “anders” in Kaapstad
Die voorgestelde N1-N2 Wynland-tolprojek in Kaapstad sal nie soos die e-tolstelsel in Gauteng werk nie, het Sanral Donderdag gesê.
TB eis steeds meeste lewens
Tuberkulose (TB) is steeds die hoofrede vir sterftes in Suid-Afrika en 12% van sterftes sedert 2010 kan hieraan toegeskryf word.
Toeris met helikopter van Tafelberg gered
‘n Toeris van Amerika is Donderdagoggend met ‘n helikopter van Tafelberg gered nadat sy tydens ‘n staptog verdwaal het.
Pistorius-gesin geskok oor kommentaar op sosiale media
Oscar Pistorius en sy gesin het hul misnoë uitgespreek oor die aard van boodskappe op sosialemedia-netwerke oor sy verhouding met wyle Reeva Steenkamp.
Man beken skuld op moord in SMS
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo in ‘n SMS-boodskap aan die polisie skuld beken het op ‘n moord.
Oud-polisieman dood aangetref in huis
Jan Dreyer (55), ʼn afgetrede polisiebeampte, is Donderdagoggend dood aangetref in sy huis in die Paarl.
Slegs Engels in howe voorgestel
Regter Cynthia Pretorius het Woensdag tydens die sitting van die Regterlike Dienskommissie gepleit dat Engels Suid-Afrika se enigste hoftaal moet wees.
VF+ gaan klag lê oor bejaarde vir pensioengeld moes sing
Die VF+ gaan ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) indien nadat ‘n bejaarde gedwing is om te sing vir haar staatspensioen.
E-tol tree oor twee maande in werking
Die e-tolstelsel op Gautengse paaie behoort oor twee maande in werking te tree.
Pa ry oor kleuter met grassnyer
ʼn Tweejarige dogtertjie van Palm Harbor in Florida, Amerika, het Woensdag albei haar bene en ʼn gedeelte van haar hand verloor nadat haar pa per ongeluk oor haar met ʼn grassnyer gery het.
Nuwe boek: My eerste Bybelstories
Die eenvoudige, lewendige teks en groot, kleurryke illustrasies maak die stories in hierdie boek die ideale manier vir jong kinders om met die Bybel kennis te maak.
Ilse Salzwedel se ope brief aan pres. Zuma
Ilse Salzwedel rig ‘n ope brief aan pres. Jacob Zuma ná ‘n skooldogter reeds drie keer verkrag is.
Nuwe boek: My hel in Dubai
Selna Visser wou ‘n vreemdeling se horlosie, wat hy by X-straal skandeerder op Dubai se lughawe vergeet het, aan hom terugbesorg. Vir haar moeite het sy egter byna ‘n maand in aanhouding in hierdie Arabiese land deurgebring.
Tiener drie keer verkrag – een keer by skool
ʼn Tiener van Gauteng is Woensdag vir die derde keer in haar kort lewe in onverwante voorvalle verkrag.
Voëlgriep in China knyp KFC
Die beheermaatskappy van KFC in die VSA, Yum Brands, het die beurswaghond SEC laat weet dat dié maatskappy die gevolge van die voëlgriep in China met dalende verkope voel.
Ham-en-kaas-tert
Maklike resep vir ‘n smullekker ham-en-kaas-tert
Nuwe boek: Skadu’s van gister
Hierdie tweeluik, ‘n gesamentlike heruitgawe van Klaprose teen die wind en Soos honde van die hemel, bied ‘n boeiende dubbeldoor-leservaring.