Hiermee ‘n lys van Suid-Afrikaners wat vir die Boston-marathon ingeskryf was.
Lees meerAlles vir Maandag 15 April 2013
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Die polisie in Boston sê daar was pas ‘n derde ontploffing in die stad, ná twee ontploffings by die eindstreep van die Boston-marathon waarin ten minste twee mense dood en talle ander beseer is.
Foto’s: Ontploffings by Boston-marathon
Twee ontploffings het die Boston-marathon in Amerika Maandag tot stilstand gedwing.
Nuusvoorspelling vir 16 April
Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 15 April en wat ons Dinsdag, 16 April, in die nuus te wagte kan wees.
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
Ondanks drie sielkundiges wat Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” strafregtelik toerekenbaar bevind het, gaan hy glo nie-patologiese onbevoegdheid as deel van sy verdediging gebruik.
SA keur $100 miljoen-reddingsplan goed vir Zimbabwe
Suid-Afrika se kabinet het ‘n lening van $100 miljoen (ongeveer R900 miljoen) aan Zimbabwe goedgekeur.
ANC stil oor Cederberg-munisipaliteit
Die ANC in die Wes-Kaap wil nie kommentaar lewer oor bewerings van korrupsie by die Cederberg-munisipaliteit alvorens ‘n ondersoek afgehandel is nie.
Vrou se bloed gesteel
Die polisie in Ivory Park, Midrand, is op soek na drie mense wat hulself as dokters voorgedoen het, en ‘n vrou se bloed, sonder haar toestemming, getrek het.
Regse terroriste blameer Malema
Julius Malema se singery van die “Skiet die boer”-lied het glo die aksies van ‘n terroris beïnvloed.
Olifant val Chinese paartjie in voertuig aan
ʼn Paartjie van China is beseer nadat ʼn olifant Maandag hul voertuig in die Krugerwildtuin omgekeer het.
Video: Ghoema-toekenning vir Retief Burger
Retief Burger se album, Luidkeels Dieper, wat einde Oktober 2012 deur Merchant Musiek vrygestel is, het Sondag ‘n Ghoema-toekenning vir die Beste Geestelike Album ingepalm.
Video: Polisiebeampte vas vir spoed
Spoed bly ‘n groot oorsaak van padongelukke, en die Gautengse hoëspoed-eenheid vat jaagduiwels nou behoorlik vas.
Planne gemaak om vliegtuigwrak te verwyder
Die regering in Indonesië het Maandag bekendgemaak wat met die wrak van ʼn vliegtuig gaan gebeur nadat die vliegtuig Saterdag in twee dele geskeur het na ʼn noodlanding.
Henning-moordsaak: Verdagtes beweer aanranding in tronk
Ambrose Money en André Gouws het vandag vlugtig in die Pretoriase hooggeregshof verskyn om vir borg aansoek te doen. Die mans beweer hulle word in polisieaanhouding aangerand.
Uitdrukking: Nie vir/by iemand kan kers vashou nie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Nie by/vir iemand kan kers vashou nie”.
Gedagte vir die dag: Die wonderwerk is in jou hand
Teks: “Hulle sê toe vir Hom: ‘Ons het hier net vyf brode en twee visse.’ ‘Bring dit vir My hier,’ sê Hy.” (Matt 14:17–18) Die…
Rugbyblog: Wat is die verskil tussen wen en verloor?
Polla Roux het ook, as oud Noord-Transvaalse rugbyspeler Saterdag met sy baadjie op die veld gestap.
Verdoemende bewyse in oud-Bloubul se moordsaak
Verdoemende bewyse het Maandag in die Durbanse landdroshof aan die lig gekom in die moordsaak van ʼn voormalige Bloubulspeler.
Man slaan nuwe blaadjie om ná hy hond lewendig begrawe
ʼn Man wat ʼn hond lewendig in Kaapstad begrawe het, werk nou as ʼn vrywilliger by ʼn plaaslike dierekliniek nadat hy glo daar sy ‘roeping’ gevind het.
Wit Zuma, Madiba van uitstalling verwyder
ʼn Skildery wat president Jacob Zuma en voormalige president Nelson Mandela as witmense uitbeeld, is van ʼn kunsuitstalling in Nelspruit verwyder.